Met vanjaar se Tempo-toekennings het Huisgenoot-lesers in hul duisende gestem vir die sterre wat hulle tussen 31 Maart 2016 en 1 April 2017 die meeste vermaak het.

En vanjaar het die Tempo’s ’n splinternuwe gedaante. Dit is ’n volronde digitale ervaring en nie meer ’n eenmalige glansgeleentheid waar net ’n handjievol bekendes bymekaarkom nie. Die wenners word dié week op Huisgenoot se digitale platforms soos Facebook en Twitter bekendgemaak. En dit boonop regstreeks sodat lesers en kunstenaars dit saam kan beleef.

Hier is die televisieprogramme en akteurs wat in die televisieafdeling as ons lesers se gunstelinge van die afgelope jaar aangewys is en met ons gesogte Tempo-toekennings vereer word.

TV-aanbieder van die jaar

Karen Zoid – Republiek van Zoid Afrika

TV-reeks van die jaar: Aktualiteit, werklikheid, speletjies

Bobby en Karlien: In Jou Skoene

TV-reeks van die jaar: Drama, sitkom

Die Boland Moorde

Akteur van die jaar: Drama, sitkom

Waldemar Schultz – Die Byl

Aktrise van die jaar: Drama, sitkom

Lika Berning – Die Byl

Sepie van die jaar

Binnelanders

Sepieakteur van die jaar

Germandt Geldenhuys

Sepieaktrise van die jaar

Je-ani Swiegelaar

Donderdag vier ons fees wanneer die wenners van die fliekpryse, radio-aanbieder van die jaar en leesboek van die jaar aangewys word.

En Vrydag word Huisgenoot se spesiale toekennings soos dié vir die topverkoper-CD en -DVD uitgedeel. Lesers sal dan ook uitvind watter kunstenaar vir die eerste keer met die prys vir Huisgenoot se vermaakster van die jaar sal wegstap en wie ons vanjaar as Afrikaanse erfenislater vereer.

So hou vas aan jou rekenaar of selfoon; wonderlike opwinding wag!