Terug in SA (met 'n hengse ompad): Pool-avonturier se 26 000 km-tog

akkreditasie
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Hier vertel die gesoute avontuurreisiger met tientalle Antarktiese ekspedisies op haar kerfstok van haar jongste epiese tog, haar opwindende lewe as poolgids, klimatoloog, omgewingskenner en voëlnavorser . . . en die tamaai ompad waarmee sy nou weer ná soveel weke ter see huiswaarts kon keer.

Claudia, wat 25 April op haar 48ste verjaardag op ’n repatriasievlug uit Duitsland in Suid-Afrika geland het en nog tot 9 Mei in ’n hotelkamer in Johannesburg onder kwarantyn sal wees voor sy weer oplaas by haar eie huis in n landgoed by Ruimsig kan instap, is 16 Februarie op die Ortelius-poolverkenningskip uit Invercargill, Nieu-Seeland, weg.

Dit was die begin van wat ’n 32-dag-tog moes wees, met die fokus die minder verkende "agterkant" (oftewel die Stille Oseaan-kant) van Antarktika, en wat op 18 Maart by die Argentynse stad Ushuaia, reg op die punt van Suid-Amerika, sou eindig.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees