’n Student wat ’n bietjie sukkel om liefde te vind, sê haar honde kry meer aandag as sy op Tinder – en het skertsend laat hoor sy sal maar moet aanvaar die twee sjitsoe-hondjies het ouliker gesiggies. 

Con Morris van Newcastle in Engeland, het ’n paar maande gelede by die maatsoekwebtuiste aangesluit voor sy universiteit toe sou gaan en haar hondjies, Bruce en Brody, poseer saam met haar op talle profielfoto’s.

“Ek het net vir die grap by Tinder aangesluit omdat ek pas met my universiteitstudie begin het, en ek dink amper almal wat ek ken, gebruik dit. Dis die soort ding wat ek net gebruik nadat ek ’n paar drankies gedrink het en ek en my vriende ’n bietjie wil lag.”

Con sê haar inmandjie loop oor van boodskappe vir haar troeteldiere in plaas van vir haar – die helfte van die boodskappe van potensiële vryers is net omdat hulle haar honde wil komplimenteer.

“Ek sou graag wou sien watter aanlêmetodes mense gebruik, maar al wat ek tot dusver gekry het, was komplimente oor my honde. Ek het Tinder nog net ’n paar maande lank, maar het gou agtergekom mense stel beslis meer in my honde as in my belang.”

Maar Con, wat dieregedrag studeer, vat die liefde vir haar honde met ’n goeie skeut humor en sê sy is so ’n groot hondeliefhebber dat sy ook gewoonlik eers die hond as die persoon op ’n profielfoto raaksien.

“Ek’s bly ek kan die snaaksigheid daarin sien. Dis maar net deel van die moeilike lewe van ’n oulike hond en nie ’n baie oulike gesig hê nie,” skerts sy.

“Ek dink dis ’n bietjie afgesaag om my hond te gebruik om aan te lê, maar my honde is immers ook my topprioriteit. Ek moet weet die mense met wie ek gesels, hou van honde."

“Sommige mense op maatsoekwebtuistes se kinders is hul prioriteit en hul potensiële maats moet dan van kinders hou, maar enige potensiële maats moet lief wees vir my hond. Ek is nie so gereeld op Tinder dat ek baie boodskappe ontvang nie, maar ek sou sê die helfte van my boodskappe is van mense wat net wil sê hoe oulik my hond is.”

Sy voeg by van die potensiële vryers het darem bygevoeg dat sy ook oulik is, maar altyd eers nadat haar hond gekomplimenteer is.

“Dit sou gaaf wees om soms eers oor myself uitgevra te word, maar honde is die pad na my hart. Ek dink dit sou my begin irriteer het as ek op Tinder was vir ’n ernstige verhouding. Maar ek sou nie antwoord op ’n boodskap net omdat hulle my hond gebruik het om my aandag te trek nie."

En dis nie net op Tinder waar sy misgekyk word nie – vreemdelinge op straat vertroetel eers haar honde voor hulle vir haar erkenning gee.

“Selfs wanneer ek met die honde gaan stap, stel mense meer in hulle belang. Jy kry altyd mense wat oorstap en reguit na die hond toe kom. Mense op die bus sal oorstap en langs my kom sit om hulle te vertroetel. En my eers ná ’n paar minute erkenning gee."

“Dit pla my min. Ek het ’n diereliefhebber en is seker ek sou dieselfde optree as ek ’n oulike hond op die bus of op Tinder sien."