Die afgelope twee weke was soos ’n wipwarit vir die ouers van jong Jané Vorster (14), ’n gr. 8-leerder aan die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark.

Claudia (34) en Chris (50), Jané se ouers, moes die afgelope week hoor Jané het van haar boonste nekwerwels in die motorfietsongeluk laat Saterdagmiddag op 18 Julie gebreek.

“Al wat ons kan sê, is: God is groot. Dit lyk nie asof sy verlam gaan wees nie. Hoewel sy nie nou haar been kan oplig wanneer dit van die bed af val nie, kan sy wel haar tone en bene beweeg. Sy werk baie hard saam met die fisioterapeute.”

Jané sterk aan in die hospitaal. Foto: Verskaf
Jané sterk aan in die hospitaal. Foto: Verskaf
Jané sterk aan in die hospitaal. Foto: Verskaf
Jané sterk aan in die hospitaal. Foto: Verskaf

Wat Claudia wel bekommer, is dat Jané Woensdag dubbele visie begin ontwikkel het.

“Jané moet nou baie dringend ’n skandering ondergaan om die algehele skade te bepaal. Die skade word nou bepaal namate ons met haar behandeling voortgaan. Die dokter het klaar gesê die omvang van ’n groot nekoperasie sal net te groot wees nou, op haar ouderdom, maar ek hoop ons kan kyk wat aangaan.”

Claudia sê hulle vermoed dat senuwees beskadig is of vasgedruk word.

Claudia word ’n oomblik lank emosioneel.

“Ek weet nie hoe . . . Nee, ek weet. Ek weet sy kry haar krag nou net van die Here.”

Huisgenoot het vroeër berig Jané word sedert die ongeluk in die Netcare Unie-hospitaal in Alberton behandel. Hier moes sy uitvind haar beste vriend, Shelby van Wyk (18), ’n matriekleerder aan dieselfde skool, is in die ongeluk dood.

Jané Vorster (14) en haar vriend, Shelby van Wyk (
Jané Vorster (14) en haar beste vriend, Shelby van Wyk (18), was onafskeidbaar. Foto: Verskaf
Jané Vorster (14) en haar vriend, Shelby van Wyk (
Jané Vorster (14) en haar beste vriend, Shelby van Wyk (18), was onafskeidbaar. Foto: Verskaf

Shelby en Jané het mekaar ontmoet toe sy by die skool as groentjie begin het, en hulle was van die eerste dag onafskeidbaar. Hoewel hulle nie in ’n verhouding was nie, was hulle baie verlief.

Shelby het laatmiddag by Jané se ouerhuis aangekom om saam met haar, haar ouboet, Nathan (17), sussie, Chanté (15), en nog ’n paar vriende ’n speletjiesaand te hou, toe die tragedie gebeur. 

Jané se begrafnisbriefie vir Shelby. Sy roudiens i
Jané se begrafnisbriefie vir Shelby. Sy roudiens is Maandag 27 Julie gehou. Foto: Verskaf

Jané het ’n kort ent saam met hom op sy motorfiets met die pad afgery, toe ’n ligte voertuig teen hulle bots. Shelby se valhelm, wat Jané aangehad het, het waarskynlik haar lewe gered. Shelby het egter op die toneel gesterf.

“Dit is natuurlik nog alles baie oorweldigend vir Jané. Sy is steeds baie hartseer oor Shelby . . . Maar daar waar sy lê, is sy so sterk,” vertel Claudia.

Hulle staan sterk in hul geloof dat dinge net by die dag beter sal gaan vir Jané.

Jané Vorster (14) Foto: Verskaf
Jané Vorster (14) Foto: Verskaf

Sy is reeds verlede Vrydag vanuit die intensiewesorgeenheid na ’n gewone saal geskuif. Sedertdien kon haar ouers haar meer emosioneel bystaan. Dit is om die beurt haar sibbes wat hul ouers wil bystaan.

“Chanté het nou eie inisiatief geneem om te help met die mediese onkoste. Dit het by haar opgekom dat haar sussie baie lief is vir sonneblomme. Dis toe sy die idee kry om t-hemde met sonneblomme daarop te laat maak en te verkoop om geld in te samel.”

Jané se suster het vir haar begin fondse insamel d
Jané se suster het vir haar begin fondse insamel deur t-hemde te verkoop. Foto: Verskaf

Intussen hou Claudia-hulle moed.

“Dit was omtrent ’n rollercoaster, maar een van die pastore het opgemerk hoe Jané nog die vorige aand, waar sy die jeugbyeenkoms by die kerk help lei het, gesê het: ‘Ek sal altyd God kies, bo enige van my vriende kies ek Hom.' Ek glo die duiwel het ’n knock gevat daar . . .”