Die 32-jarige Olga Arkhangelskaya se goeie vriendin Valeriya Lukyanova – bekend as die Odessa-Barbie – het op die Russiese sosialemedia-webtuiste VKontakte, hulde gebring aan haar vriendin wat verlede maand gesterf het. 

Die digter Olga Arkhangelskaya (32), wat haarself
Die digter Olga Arkhangelskaya (32), wat haarself soos Barbie laat lyk het, is in Odesa in die Oekraïne dood.

“Sy was ongelooflik hartseer, en terselfdertyd ongelooflik snaaks, met ’n skerp, skitterende sin vir humor en sarkasme,” skryf Valeria, die Instagram-ster.

“Sy was baie sterk, en terselfdertyd swak en sensitief.” 

Die plaaslike nuuswebtuiste Life het berig die jong vroue het 10 jaar gelede ontmoet, vriendinne geword en saam gewildheid verwerf en daarvan gedroom om lewensgrootte-Barbie-poppe te word.

Valeria het verskeie kere onder die mes gegaan om haar popdroom te probeer verwesenlik, maar Olga was meer versigtig en het nooit dieselfde vlak van roem en sukses as sy behaal nie.  

Die digter Olga Arkhangelskaya (32)
Die digter Olga Arkhangelskaya (32)

Die verskille tussen die twee blondekoppe het verder verdiep toe Valeria Amerika toe trek om verder uit haar glansstatus voordeel te trek en Olga in Oekraïne agterbly en as ’n ontwerper probeer werk het.

Olga het ook opgehou aktief wees op sosiale media en het net af en toe toe ’n gedig geplaas. 

Valeria en van Olga se ander vriendinne sonder een van Olga se gedigte – getiteld 'Ek swem in tyd' – nou uit as ’n aanduiding dat sy geweet het sy sou nie meer lank leef nie.

Die Oekraïnse digter Olga Arkhangelskaya (regs), s
Die Oekraïnse digter Olga Arkhangelskaya (regs), saam met haar beroemde vriendin Valeria Lukyanova (links). Foto: @olkers/Newsflash

Rofweg vertaal, lees die gedig wat sy in Mei geskryf het so: "Steek uit jou hand, vat my woorde. 

"En skielik sal die wedloop verlangsaam, die moeë wêreld vries.

"Net Mei sal oorbly, die ene son en gras. 

"Op ’n mooi dag word dit my sonsondergang." 

Die Oekraïnse digter Olga Arkhangelskaya (regs), s
Hulle het hul voorkooms verander om soos Barbie-poppe te lyk Barbie. Foto: @olkers/Newsflash

Die oorsaaak van Olga se dood is nog onbekend. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.