Volgens ER24 het paramedici omstreeks 01:00 die wrak van ’n bakkie teen ’n boom aangetref.

’n Man is in die voertuig gevind en hy is op die toneel dood verklaar nadat dit duidelik geword hy het reeds aan veelvuldige beserings gesterf.

Die polisie was op die toneel en ondersoek die oorsaak van die ongeluk.