Anil Kumar in die hospitaal na die voorval.
Anil Kumar in die hospitaal na die voorval. Foto: Caters News/Magazinefeatures.co.za

Toe die hewige reënbui hulle laatmiddag in die tuine van die Signature Villas-woonkompleks in Gurugam betrap, het Anil Kumar, Shiv Dutt, Lali Sundar, en Ramprasad Sundar instinktief onder ’n groot boom gaan skuil.

Dit was egter ’n tragiese en noodlottige oordeelsfout, want bome kan weerligstrale as't ware soos ’n magneet lok . . . 

Beelde op die kringtelevisiekamera van die kompleks het later die volle mag van die natuur onthul: een oomblik staan die vier tuiniers nog onder die boom; die volgende is hulle in ’n verblinde wit lig gehul. Drie mans val dadelik op die grond; die vierde leuen nog ’n oomblik teen die boomstam voor hy ook neersyg. 

Die skokvoorval is vasgevang in kringtelevisiemate
Die skokvoorval is vasgevang in kringtelevisiemateriaal wat wys hoe die vier mans onder ’n boom staan toe ’n flits van lig hulle laat ruk. Drie van hulle het dadelik ineengestort en die vierde man, wat teen die boom geleun het, het ’n sekonde later neergeval. Foto: Caters News/Magazinefeatures.co.za

Wonderbaarlik het Anil, wat al meer as ’n dekade as tuinier werk, net ligte beserings tydens die fratsongeluk opgedoen. “Die geluk was beslis aan my kant,” het hy later gesê.

“Ek weet egter niks van die oomblik toe die weerlig my getref het nie . . . “Toe ek wakker word, het ek niks gevoel nie. My hande en bene het nie beweeg nie, en ek kon nie ’n woord uitkry nie.”

Hy weet nie hoe lank hy so op die grond gelê het nie, maar het homself later "reggeruk" om hulp te kry.

“Ek het op ’n manier die krag gekry om vir hulp te skree. Ramprasad se liggaam was styf en sy mond was oop. Ek dink hy was toe reeds dood. Die ander twee het gelewe, want ek kon beweging sien." 

Sy krete is gehoor en ’n ambulans is ontbied om al vier mans inderhaas na ’n hospitaal daar naby te neem. Maar met hul aankoms is Ramprasad dood verklaar. 

Shiv en Lali ondergaan behandeling vir brandbeseri
Shiv en Lali ondergaan behandeling vir brandbeserings. Foto: Caters News/Magazinefeatures.co.za

Anil is gou uit die hospitaal ontslaan, maar Shiv en Lali moes behandeling weens brandwonde ondergaan.