Dit kom nadat die Noord-Ierse avonturier weer eens oor die kole gehaal is omdat die Walliese Olimpiese atleet Iwan Thomas en die Britse akteur Ryan Thomas in ’n episode van sy gewilde werklikheidsreeks met ’n krokodil gestoei het voor hulle die dier se lewe met ’n mes beëindig het.

A post shared by Bear Grylls (@beargrylls) on

Bear se TV-reeks The Island with Bear Grylls, waarin deelnemers op ’n eiland moet oorleef, is vir die eerste keer in 2014 uitgesaai en keer vanjaar vir ’n vyfde seisoen terug na die kassie.

Selfs die onskadelike van onskadelikes word rondgetrek en "elke bamboes en biesie moet gekap of gekerf word".

Die dierebeskermingsgroep Peta het hom destyds al aangevat oor die krokodiletery. Grylls se reaksie was: "Ek wil uitvind wat gebeur wanneer 'n man weggevat word van moderne geriewe en hom dwing om vir sy bestaan te veg."

Ook Bun Booyens, voormalige redakteur van Die Burger, het ook in reaksie op die reeks van hom laat hoor. "Ek is 'n redelike vredeliewende mens, maar binne vyf minute nadat Bear op my TV verskyn, wil ek opspring en hom te lyf gaan."

Bun het gesê dit kom voor asof TV-avonturiers verplig voel om aan alles te ruk en pluk. Selfs die onskadelike van onskadelikes word rondgetrek en "elke bamboes en biesie moet gekap of gekerf word".

Ook Bear se "dieet" loop deur.

"Moenie vir my vertel Bear gaan later in die aand, met die verfilming agter die rug, 'n bakkie tweeminuutnoedels van die hand wys en sê 'nee, dankie, boys, ek het nog 'n paar erdwurms oor' nie."

Die program op die Britse TV-kanaal Channel 4 het al voorheen onder kritiek van kykers en dierewelsyngroepe deurgeloop toe deelnemers talle diere, waaronder krokodille en varke, doodgemaak het as deel van oorlewingsuitdagings.

Verlede jaar het die Made in Chelsea-ster Ollie Locke in een episode op ’n krokodil se rug gespring en dit in die nek gesteek.

Akteur Ollie Locke het verlede jaar in ’n episode ’n krokodil doodgemaak. Foto: The Island with Bear Grylls/ Channel 4
Die TV-reeks The Island with Bear Grylls het al talle klagte ontvang oor die manier waarop diere in die reeks behandel word. Foto: The Island with Bear Grylls/ Channel 4

"Ons het nooit enige diere doodgemaak nie," het David, die Blue Planet- en Planet Earth-aanbieder, gesê.

"Bear Grylls moet rekenskap gee van homself. Maar ek sal nie bloot net ter wille van 'n kameraskoot 'n dier doodmaak nie."

Bun, wat ook 'n groot bewondering vir David koester, het hom verlede jaar as volg beskryf: “Sir David het oor die afgelope vyf dekades as’t ware die stem van Moeder Natuur geword.”

Great time in Brazil

A post shared by David Attenborough???? (@david.attenborough_official) on

Bronne: netwerk.24.com, thesun.co.uk, iflscience.com, dailymail.co.uk