Dit kom te midde van ’n toename in die verkope van smokkeldrank met die land se COVID-19-beperkings wat die verkoop van alkohol verbied.

Melvin Afrikaner (54) en sy vrou, Winnie (50), is in die intensiewe sorgeenheid van 'n hospitaal dood nadat hulle verskeie bottels tuisgemaakte drank gedrink het. Die jongste sterftes kom twee weke nadat Tony Hilliar (54) en sy lewensmaat, Alida Fouche (42), weens tuisgemaakte pynappelbier gesterf het.

Een verkoper van smokkeldrank het aan die plaaslike media gesê: “Die inperking het ons teruggevat na die donker dae van apartheid toe mense alkohol tuis gemaak en aan die gemeenskap verkoop het.”

Daar word berig dat mense hul eie drank tuis met pynappels en appels maak. Minstens vier sterftes – twee paartjies – word met die inname van tuisgemaakte drank in die land verbind.

Die verkoop en brou van alkohol tydens die inperking is ’n kriminele oortreding, het kapt. Dumile Gwavu, polisiewoordvoerder van Thembalethu, gesê.

polisiekaptein
Kapt. Dumile Gwavu. Foto: CEN/@melvin.afrikaner.1/Magazinefeatures.co.za

Altesaam 75 mense het in 2015 in Mosambiek gesterf nadat hulle ’n plaaslike bier gemaak van giersgras gedrink het.