Peggy McCay (90) het van 1983 tot 2017 as die matriarg Caroline Brady in die gewilde sepie verskyn, 'n rol waarvoor sy verskeie kere vir 'n Emmy genomineer is en waarmee sy in 1987 wel met 'n Emmy bekroon is. Sy het op 7 Oktober by haar huis aan natuurlike oorsake gesterf.

Peggy was g'n vreemdeling op die kassie nie. Sy het onder andere in General Hospital, Perry Mason, The Andy Griffith Show, Cold Case, L.A. Law, Lou Grant en The Alfred Hitchcock Hour verskyn.

Kollegas bring hulde

Ron Carlivati, die hoofskrywer van die sepie, het sy simpatie met haar familie en geliefdes uitgespreek.

Thaao Penghlis, wat die rol van die bose Stefano DiMera se seun, Tony (en later André) vertolk het, het Peggy as 'n statige dame beskryf, iemand wat omgegee het vir haar werk en die akteurs met wie sy op die stel gewerk het.

Deidre Hall (Marlena in die sepie) het 'n emosionele boodskap op haar Facebook-blad gedeel.

Daarin noem sy hoe Peggy in 'n stadium vir een van haar siek vriende opgekom het en dokters en verpleegsters vreesloos aangevat het om seker te maak die sieke ontvang die beste sorg moontlik.

Lauren Koslow (Kate Roberts in Days) beskryf Peggy as iemand wat die moed gehad het om vir haarself te dink.

Eric Marstolf (Brady Black) beskryf Peggy as iemand wat energiek en skerp met woorde was, asook iemand wat nooit 'n slegte woord oor iemand te sê gehad het nie.

Steven Nichols, wat die rol van Steve Johnson vertolk het, het 'n foto van hulle twee saam op sy Instagram-blad gedeel. Daarin noem hy haar afsterwe onverwags.

"Die laaste keer toe ons mekaar gesien het, het jy vertel hoe gretig jy is om weer terug werk toe te gaan. Jy het dit met soveel oortuiging en verlange gesê. Moenie bekommerd wees nie, jy het so baie aan die wêreld gegee."


Greg Vaughan (Eric Brady) het beskryf hoe wonderlik dit was om Peggy as sy "dag-ouma" te kon hê op die stel van Days.

Twitter reageer








Bronne: tvline.com, people.com, dailymail.co.uk,