Ugly Betty en Gossip Girl-aktrise hang glo haarself

akkreditasie
Die Amerikaanse aktrise Lisa Lynn Masters (52) is dood nadat sy waarskynlik haarself in haar hotelkamer opgehang het.

Lisa se lyk is deur werknemers van die Nuevo Mundo-hotel in Lima, Peru, gevind. Sy het blykbaar haar romp gebruik om haarself op te hang.

Sy was gasspeler in Law & Order: Special Victims Unit (2005), Ugly Betty (2008), Gossip Girl (2011) en The Unbreakable Kimmy Schmidt (2015), en het ook in die flieks It’s Complicated (as haarself) en The Stepford Wives (as Carol Wainwright) verskyn.

Sy het ook in die indie-fliek Blumenthal saam met Laila Robins verskyn.

A photo posted by Lisa Masters (@lisamastersinc) on

Luidens berigte het die polisie antidepressante in haar kamer gevind.

Voor sy as aktrise gewerk het, was sy eers model vir die gesogte agentskap Ford Models. Lisa was ten tyde van haar dood op 'n modelleerkontrak in Peru.

Bronne: eonline.com, latino.foxnews.com, imdb.com, digitalspy.com

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees