Huisgenoot: 24 Julie 2003. Artikel deur Tom White

Stephen Hilder was 'n ervare valskerm­springer wat al 200 spron­ge uitgevoer het. Hy was sorgeloos en gewild tot die dag dat iemand besluit het hy moet grusaam sterf.

Die videokamera gly ruk­kerig oor die oorvol, rook­gevulde kroeg. Eers fokus dit op 'n mooi meisie wat in 'n rasieleiderkostuum dans. Dan verskuif dit na 'n jong man met net 'n skrapse voorskoot om die lyf. Tussen ligflitse deur kan ’n mens die kroegpersoneel sien ronddraf met drankies vir die jolytmakers.

Stephen het 'n passie vir val­skermspring gehad.

Skielik doem 'n grinnikende, swaar gegrimeerde gesig voor die lens op. Dis 'n jong man in 'n leerrok en tekkies met 'n karaoke-mikrofoon in die hand. Hy is Stephen Hllder (20), 'n baie gewilde ingenieurstudent en soos die meeste ander jong mense op die kostuumparty 'n lugduikfanatlkus.

Hy lyk sorgeloos en gelukkig. Hy is salig onbewus daarvan dat dit die laaste partytjle van sy lewe sal wees.

'Soos 'n klip geval'

Enkele ure later stort Stephen — 'n veteraan met tweehonderd spronge agter die rug waarvan hy sommige in Suid-Afrika uitgevoer het — van 4 500 m grond toe.

Teen 'n snelheid van 200 km/h spook hy vergeefs om eers sy hoof­valskerm en dan sy noodvalskerm oop te maak. In sy laaste, skrikwekkende oomblikke moes hy besef het hy val na 'n gewisse dood.

Ooggetuies vertel hy het soos 'n klip geval en moes die grond in 'n koring­land naby die vliegveld Hibaldstow in Lincolnshire met 'n geweldige slag getref het.

"Toe ons horn kry, was hy in 'n verskriklike toestand," sê Paul Hollow, hoofinstrukteur by die Target Sky­ Sports-lugduiksentrum, waar Stephen aan die Britse kollege-valskermver­eniging se nasionale kampioenskap deelgeneem het.

Asof dit nie erg genoeg vlr die hegte lugduik-gemeenskap was om op Ste­phen se erg verminkte lyk af te kom nie, het 'n nóg groter skok op hulle gewag.

Sabotasie?

Toe sy toerusting — daaronder was 'n duur Suid-Afrikaans-vervaardigde grys-en-swart kap — nagegaan is, was dit duidellk die koord van sy hoofvalskerm en die toue aan sy noodval­skerm is opsetlik afgesny.

Voor 'n sprong kyk die valskerm­springer en nog iemand die valskerm deur. As iemand vooraf daaraan ge­peuter het, sou 'n ervare springer soos Stephen dadelik 'n probleem raakge­sien het as dit nie weer presies korrek verpak is nie.

Dit beteken iemand het waarskynlik die valskerm uitgehaal, die lewens­noodsaaklike koorde afgesny en dit toe weer verpak — iemand wat geweet het presies hoe.

By die instrukteurs was daar geen twyfel dat hulle na 'n moordtoneel kyk nie. En die moordenaar moes iemand wees met kennis van lugduik.

Weke later is dit steeds vir die polisie 'n raaisel wie vir Stephen Hilder ver­moor het.

Daarom kyk speursupt. Co­lin Andrews, een van die pollsiemanne wat die saak ondersoek, oor en oor na die video-opname van daardie laaste kostuumpartytjie.

Hy meen die ure lange opname bevat die sleutel tot die tergende vraag wie so 'n slim, talentvolle, inne­mende jong man wou vermoor. En wanneer hy eers 'n motief vir die moord het, is hy seker sal hy gou die "bose en bisarre moordenaar'' vastrek wat doelbewus vir Stephen 'n strik gestel en hom waarskynllk na sy dood sien val het.

"Dit is baie moeilik om so iets geheim te hou," sê Andrews.

"Ek glo die mens wat vir sy dood verantwoordelik was, het iemand anders daarvan ver­tel. As dit so is, wil ek vir daardie iemand sê, kom na vore en sê vir ons wat jy weet."

'Die perfekte moord'

Die polisie het alle toeskouers by die byeenkorns gevra om DNS-monsters te verskaf en gaste op die kostuum­partytjie het video's en foto's ingelewer om met die ondersoek te help. Deel­nemers is deeglik ondervra en foren­siese spanne fynkam alles vir leidrade. Maar tot dusver is daar nog geen duidelike motief vir die moord nie.

"Op die oomblik kan ons niks uitsluit nie." sê 'n woordvoerder van die polisie, "nie eens 'n fyn-uitgewerkte selfmoord nie."

Nog 'n moontlikheid vir die misdaad wat as ''die perfekte moord" bestem­pel word, is dat die moordenaar die idee by twee aksieflieks uit 1994, Ter­minal Velocity en Drop Zone, afgekyk het. Albei is in die agt weke voor Stephen se dood op Britse TV gewys.

"Dis net genoeg tyd vir 'n versteurde na-aper om vas te stet hoe 'n valskerm werk." sê 'n lugduik-geesdriftige.

In die geledere van die lugduikers is wilde drinkpartytjies en seks aan die orde van die dag. Op sigself is dit lewensgevaarlike bestanddele, wat nog te sê in 'n hoërisiko-omgewing waar 'n skielike sterfgeval glad nie ongewoon is nie.

Die week van die kampioenskaps­byeenkoms het veranderlike weersomstandighede dit twee dae lank vir die lugduikers onmoontlik gemaak om te spring.

In lugduik verloor jy nie jou meisie nie. Jy verloor jou beurt.

Toe hou hulle maar partytjie.

"Miskien wou hulle met hul wilde gedrag vir die tekort aan adrenalien vergoed omdat hulle nie kon spring nie," meen Danny Jessop, 'n 25-jarige valskermverpakker.

Seks en speletjies

"Daar was talle simpel speletjies, die klere het gewaai en ja, daar was seks. Daar is 'n gesegde: In lugduik verloor jy nie jou meisie nie. Jy verloor jou beurt."

Die hoogtepunt van die week was Donderdag se kostuumpartytjie. Ure voor die partytjie was daar 'n skattejag om 'n 36F-grootte bra, pornografiese mate­riaal en mediese toerustlng te vind.

Bonuspunte is toegeken aan die wat hiermee die stoutste take kon uitvoer. Stephen het 25 lepels hondekos afgesluk om sy span se agterstand te probeer uitwis in 'n wedstryd met tien bottels bier as prys. Die partytjie was in volle gang toe die jong man in vroue klere op maat van die karaoke-masjien begin sing het.

Die polisie reken iewers tussen die nag van jolyt en die volgende oggend het die aanvaller die koorde in Stephen se valskerms afgesny en hom daar­mee so seker vermoor asof hy 'n geweer teen sy kop gedruk en die sneller getrek het.

In 'n video-opname wat die volgende dag binne die vliegtuig gemaak is, lag Stephen en maak grappe voor sy laaste sprong om halfdrie die middag.

Sy laaste sprong

"Hy was so goed soos dood die oomblik toe hy uit die vliegtuig spring," sê sy vriend Lee Meryck (22).

"Wie ook al die koorde gesny het, was iemand wat geen aandag getrek het nie."

Buite die vliegtuig het Stephen by sy spanmaats Adrian Blair en David Ma­son ingehaak. Soos beplan het hulle mekaar op sowat 1 300 m laat los.

Stephen oomblikke voordat hy uit die vliegtuig gespring het.

Terwyl David en Adrian rustig grond toe gesweef het, het hulle yskoud geword toe hulle Stephen se nood­sak en loods­skerm onder hul­le sien. Hulle het besef iets het verskriklik skeefgeloop.

Eers nadat hulle veilig geland het, het hulle die skoknuus ontvang.

Dit was David wat voor die sprong in­speksle van Stephen se toerusting gedoen het, maar die afge­snyde koorde was nie slgbaar nie en alles het vir hom heeltemal normaal gelyk.

Stephen se spanmaats sê albei die vryval-element van hul sprong — een van oor die 50 wat die span al uitgevoer het — was hul beste tot dusver.

"Ons het almal oogkontak gemaak." vertel David.

"Dit was net 'n gevoel van ja, dis verstommend. Ons het vir mekaar geglimlag. Die adrenalien het gevloei."

Die ondersoek en meer inligting. Saamgestel deur Annelene Oberholzer

Volgens The Guardian het Stephen, ’n weermagkadet, kniediep in die skuld met oortrokke kredietkaarte wat meer as R300 000 beloop het, sy meisie, Ruth Woodhouse, afgesê en was oortuig dat hy vir die tweede keer nie sy graad sou verwerf nie.

Dit was van die getuienis wat in 2005 tydens ’n ondersoek na sy grusame dood in 2003 aan die lig gekom het. Dit sou speurders byna ’n jaar neem om agter die kap van die byl te kom. Selfs Stephen se hegte vriende was onder verdenking vir wat deur die polisie aanvanklik as vermoedelik aan moord toegeskryf het.

Adrian en David, wat daardie dag saam met Stephen gespring het, was onder verdenking en is selfs in hegtenis geneem. Hulle is later vrygelaat en was kisdraers op Stephen se begrafnis. Adrian het ’n nuwe lewe in Amerika gaan begin na afloop van die ondersoek.

Stephen Hilder se kis word deur sy makkers uit die Sint Mary's-kerk in Herefordshire gedra. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Speursupt. Colin Andrews wat die voorval ondersoek het, het gesê daar bestaan ’n sterk moontlikheid dat Stephen sy eie lewe geneem het.

Nét Stephen se DNS is op die gesnyde valskermkoord gevind. In sy motor se kattebak is ’n skêr gevind. Maar daar was meer. Van die koordweefsel is aan die skêr gevind, asook aan die T-hemp wat Stephen daardie dag aangehad het. Die skêr was een van 1 500 items wat deur die forensiese eenheid ondersoek is in hul soeke na die waarheid.

Ruth (toe 25), wat ’n graad in forensiese ingenieurswese en wetenskap het, sou ook tydens die ondersoek getuig dat Stephen intens belanggestel het in forensiese wetenskap, en dat hulle meermale gesels het oor “die perfekte misdaad”.

Maar sy het volstrek geweier om te aanvaar dat die opgewekte Stephan ooit sy eie lewe sou neem. “As hy iets in die mou gevoer het, sou hy beslis nie net die skêr in die motor se kattebak gelos het nie.

“Wat ek weet, is dat hy dood is, en iemand het dit gedoen,” het sy in ’n onderhoud aan Real Crime UK gesê.

Paul en Mary, sy verpletterde ouers, het tydens die ondersoek gesê die uitslag maak nie saak nie; al wat tel is dat hulle hul seun verloor het. In 2011 spreek hulle wel die hoop uit dat daar iewers antwoorde sal kom op die raaiselagtige wyse waarop Stephen gesterf het.

'n Oop uitslag

Op 25 Maart 2005 beskryf North Lincolnshire se lykbesorger, Stewart Atkinson, Stephen se dood as “uniek en raaiselagtig” en hoewel die polisie nie kon bewys ’n derde party was by sy dood betrokke nie, kan hy ook nie bevind dat Stephen wel sy eie lewe geneem het nie.

Bronne: theguardian.com, independent.co.uk, abovetopsecret.com, yorkshirepost.co.uk