Maar weens die coronaviruskrisis was die land se gr. 1’s vanjaar al byna net soveel tuis as in die klas.

En met die nuwe sluiting van skole tot 24 Augustus wat kort voor saktyd deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is, sal die pikkies nou nog ’n maand van hul eerste skooljaar misloop.

Terwyl baie volwassenes nie aldag weet hoe om sin te maak van ons nuwe werklikheid nie, probeer kinders dit ook op hul manier verstaan.

Huisgenoot het 11 van vanjaar se gr. 1’s dieselfde vier vrae gevra:

Hier is hul insigte – in hul eie woorde.

  1. Wat is die coronavirus?
  2. Hoe het dit jou lewe verander?
  3. Wat mis jy van jou lewe voorheen?
  4. Wat hoor jy die grootmense oor die virus sê?

Hadassah Clarke, Laerskool Eunice, Bloemfontein

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

  1. “Corona is ’n siekte en ek hoor daar is al soos 20 mense dood. Dit maak mense baie siek en dit maak mense hartseer, en as jy sien hulle is hartseer, kan jy hulle nie eens ’n drukkie gee nie.”
  2. “Hy het my ge-change dat ek nie meer op die jungle gyms by die skool mag klim nie en dat ek nie meer na iemand se huis toe mag gaan nie. Soos al my familie, al my anties en uncles, en dan huil ek as ek hulle mis.”
  3. “Ek mis op die jungle gyms klim en my maatjies en my familie.”
  4. “Ek hoor hulle moet baie . . . wat is daai boksgoete (doodskiste) kry . . . maar hulle het nie, en dan word die mense net so met sand toegegooi.”

Khloe Louw, Primêre Skool Engelbrecht, Elandsbaai

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

  1. “ ’n Virus wat jou immuunstel(sel) aanval en jou siek en doodmaak.”
  2. “Ek mag nie skool toe gaan nie, ek moet skoolwerk by die huis doen en mag nie my maatjies drukkies gee nie.”
  3. “Ek mis my juffrou en my skool en om buite te speel met my maatjies.”
  4. “Die coronavirus is gevaarlik en jy moet jou hanne was en jou masker heeldag dra, gesond eet en vir jou oppas.”

Daniël Beyers, Laerskool Courtrai, Paarl

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

  1. “Dis ’n siekte wat almal pyn gee; dis ’n siekte wat mense kry en dan kan hulle amper nooit weer hul mammas en pappas sien nie.”
  2. “Ons moes by die huis gebly het en ons kon nie speelplekke of skool toe gegaan het of games gespeel het nie.”
  3. “Ek mis dit om pouses rugby te speel, want ons almal mag nie aan dieselfde bal vat nie.”
  4. “Dit is ’n siekte in die longe en dit is erg vir ou mense.”

Misha Liebenberg, Laerskool Rooihuiskraal, Centurion

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

  1. “Dit is ’n stoute kiem wat amper die hele wêreld siek gemaak het . . . Dit het begin, want een van die mense in China het ’n vlermuis geëet, maar ek weet nie hoekom nie.”
  2. “Ek kon nie my juffrou of my maatjies sien nie. My mamma het my juffrou geword en sy is ’n baie goeie mamma, maar nie ’n baie goeie juffrou nie. Maar sy het haar beste probeer . . .”
  3. “Ek mis dit baie om mense te squeeze.”
  4. “Dit is ’n groot ding (die virus), maar partykeer sal jy orraait wees.”

Joshua Jackson, Primêre Seunskool Paarl, Paarl

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

  1. “Die coronavirus is ’n baie groot kiem wat ’n mens siek maak.”
  2. “Ek het baie stories gekyk en insekte gevang, maar toe moet ek teruggaan skool toe.”
  3. “Ek mis see toe gaan, by Ouma en Oupa kuier, braai by maatjies en ook in vliegtuie vlieg.”
  4. “Ek hoor hulle sê ons mag nie gaan wyn koop nie en ek hoor hulle sê baie goed oor corona, maar ek weet nie so lekker nie.”

Lanay Prinsloo, Laerskool Rooihuiskraal, Centurion

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

  1. “Dis soos ’n skelm wat in jou neus in gaan en dan gaan hy in jou keel af na jou longe toe en dan maak hy jou siek.”
  2. “Dat ek Juffrou nie mag drukkies gee nie en elke dag moet handjies was en dat ek heeltyd ’n masker moet dra.”
  3. “Drukkies en om soentjies vir jou juffrou te gee en saam met jou maatjies te speel.”
  4. “Dis gevaarlik . . . en ek hoef nie elke dag skool toe te gaan nie en Pappa mag nie meer rugby kyk nie.”

Mia Javan, Laerskool Joe Solomon, Bloemfontein

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

  1. “Dis die siekte . . . As jy jou elmboog vat en in hom hatiesjoe, gaan jy nie aansteek die ander mense nie.”
  2. “Ons mag nie uitgaan nie. Ons moet ons hande was en sanitise.”
  3. “My skool; net my skool.”
  4. “Dat coronavirus is rof en hulle like nie maskers nie, want dit versmoor hulle, maar jy moet altyd shop toe met jou masker.”

Leanné Mulder, Laerskool Rynfield, Benoni

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

  1. “Dis ’n gogga wat in jou lyf in klim en jou siek, siek, siek kan maak.”
  2. “Baie; ek mag nie meer drukkies gee nie. Nie eens ’n piksoentjie nie. Ons mag aan amper niks raak nie en moet heeltyd masker dra en handjies was.”
  3. “Drukkies en soentjies en om saam met my maatjies te speel.”
  4. “Dat ons nie mag braai nie, maar die taxi’s is vol.”

Jaydine Fortuin, Laerskool Eunice, Bloemfontein

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

  1. “Dis ’n virus wat jy nie kan sien of aan kan vat nie, maar dit kan jou siek maak en jou doodmaak.”
  2. “Dié jaar is ek gr. 1 toe en ek het gedans, hokkie gespeel en ek was Spur en McDonald’s toe en nou is ek nie veronderstel om enige van daai te doen nie.”
  3. “Ek mis my maatjies en swem, maar Pappa het my klein wieletjies van my fiets afgehaal in lockdown en nou ry ek heeltemal alleen fiets.”
  4. “Die president sê ons mag nie hande skud of drukkies gee nie. Ons moet ons hande sanitise.”

Adriaan Malan, Primêre Seunskool Paarl, Paarl

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

  1. “Dit het party maatjies siek gemaak, en ek wil graag by maatjies gaan speel, maar ek weet ek mag nie.”
  2. “Dit is baie mense wat aan mekaar geraak het en nou begin Ramaphosa sê al die goed is toe en ons mag nie met mekaar speel nie. So baie het verander.”
  3. “Ek mis dit om te zipline en alles het toegemaak en nou kan ons amper niks doen nie. Nie zipline nie . . . niks.”
  4. “Ek hoor grootmense praat en dat hulle weet hulle mag nie naby mekaar wees nie, maar dan dra hulle nie maskers nie. Ek het dit in die regte lewe gesien; hulle was naby mekaar sonder maskers.”

René Papp, Laerskool Rooihuiskraal, Centurion

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

  1. “Dit is ’n siekte wat jou erg siek maak.”
  2. “Ons mag nie by maatjies gaan kuier nie, en ons mag nie partytjies hou nie. Ek hou nie van maskers dra nie en ons moet heeltyd sanitise, sanitise en ons mag nie aan ons gesigte vat nie.”
  3. “Ek mis partytjies en sonder maskers rondloop die meeste.”
  4. “Mamma sê sy wens dat die coronavirus net ’n blou kolletje was en dan dodge jy hom.” 
Kom neem deel aan die gesprek

 Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.