Vampierliggaamsbouer en 6de vrou skei oor sy transformasie

akkreditasie
Hy is ’n liggaamsbouer met vampiertande en tatoes reg oor sy lyf, en sy is verslaaf aan plastiese chirurgie.
Alexander en Irina is vyf jaar saam en Irina is sy
Alexander en Irina is vyf jaar saam en Irina is sy sesde vrou, berig plaaslike media. Foto: Magazine Features/Newsflash

Saam het hulle 4,5 miljoen volgelinge op Instagram, maar dit lyk nou of die eienaardige paartjie van Rusland se liefdesbootjie op die rotse is.

Irina Meshchanskaya Shpak is Alexander Meschansky se sesde vrou, en hulle word nou daarvan beskuldig dat hulle hul egskeiding net in die sosiale media aangekondig het om aandag te trek. 

Hulle ontken dit egter. “Dis nie ’n publisiteitsfoefie nie, dit gaan nie daaroor om meer mense te lok nie,” het Irina, ’n fiksheidsafrigter en sielkundige, gesê.

Die plaaslike Russiese media berig die twee is al vyf jaar saam. 

Alexander is glo baie hartseer oor die egskeiding.
Alexander is glo baie hartseer oor die egskeiding. Foto: Magazine Features/Newsflash

In ’n Instagram-video sê Alexander dit is Irina (haar ouderdom is nie bekend nie) wat wil skei en dat hy baie hartseer daaroor is. Van hul volgelinge het haar toe daarvan beskuldig dat sy nie haar man ondersteun nie.

Alexander het egter vir haar opgekom in nog ’n inskrywing en gesê: “Julle moenie slegte goed oor Irina sê nie. Ons het baie goeie tye gehad, ek wil dit graag onthou.”

Alexander voorheen. Foto: Magazine Features/Newsfl
Alexander voorheen. Foto: Magazine Features/Newsflash
Alexander het 2,1 miljoen Instagram-volgers nadat
Alexander het 2,1 miljoen Instagram-volgelinge nadat hy die grootste deel van sy lyf met tatoes en lyfgaatjies bedek het. Foto: Magazine Features/Newsflash

Nadat hy die grootste deel van sy lyf in tatoes bedek het, silikooninplantings in sy boude en borste gekry het en sy tande laat verleng het om soos vampiertande te lyk, het Alexander het 2,1 miljoen Instagram-volgelinge gelok.

Alexander het 2,1 miljoen Instagram-volgers nadat
Alexander het 2,1 miljoen Instagram-volgers nadat hy die grootste deel van sy lyf in tatoes en lyfgaatjies bedek het. Foto: @sashashpakofficial/Newsflash
Alexander het ook silikooninplantings in sy boude
Alexander het ook silikooninplantings in sy boude en bors gekry, en sy tande laat verleng sodat dit soos vampiertande kan lyk. Foto: Magazine Features/Newsflash
Die paartjie het gesê hulle sal die rede vir hul egskeiding in ’n YouTube-video openbaar wanneer die tyd reg is.

Irina het nog onlangs gespog oor watter goeie minnaar haar man is, en vertel hoe gaande sy oor sy tatoes en vampieragtige voorkoms is.

Irina Meshchanskaya Shpak. Foto: Magazine Features
Irina Meshchanskaya Shpak. Foto: Magazine Features/Newsflash

Nou blyk dit die aardige transformasie is een van die redes hoekom hulle huwelik skipbreuk gely het.

Die mooi blondine – wat al eenkeer tevore getroud was – het al erken sy het aan haar borste en boude laat werk, maar moedig mense aan om hul slegs tot plastiese chirurgie te wend as hulle reeds tevrede met hul liggaam is.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees