Vorige wenners

Margaret Gardiner was voor Demi-Leigh die laaste Mej. Suid-Afrika om dié kompetisie te wen. So het sy in 1978 op Huisgenoot se voorblad gepryk.
Margaret Gardiner in 1978. Foto: Bernard Jordaan
Margaret by ’n geleentheid in 2006. Foto: Getty Images, Carley Margolis/FilmMagic
Mpule Kwelagobe van Botswana word op 26 Mei in 1999 in Chaguaramas in Trinidad en Tobago as Mej. Heelal gekroon. Foto: Getty Images
Michelle McLean van Namibië het Mej. Heelal in 1992 gewen. Hier kroon sy haar opvolger, Dayanara Torres van Puerto Rico. Foto: OMAR TORRES/AFP/Getty Images

Haar pad na die kroon

Die 2017-deelnemers poseer buite die Planet Hollywood in Las Vegas voor die kompetisie. Foto: Getty Images
Die Mej. Heelal kompetisie in Las Vegas, Nevada. Foto: Getty Images
Demi-Leigh toe sy deurgedring het tot die top 10-finaliste. Foto: Getty Images
Steve Harvey, die aanbieder van die kompetisie, gesels met Demi-Leigh. Foto: Getty Images
Demi-Leigh straal in haar aandrok by Mej. Heelal. Foto: Getty Images
Demi-Leigh tydens die swemklere-kompetisie. Foto: Getty Images

Demi-Leigh saam met Laura Gonzalez (Mej. Colombia) en Davina Bennett (Mej. Jamaica), onderskeidelik die eerste en tweede prinses. Foto: Getty Images
Demi-Leigh Nel-Peters word deur Iris Mittenaere (Mej. Heelal 2016) op 26 November, 2017 in Las Vegas, Nevada as Mej. Heelal 2017 gekroon. Foto: PATRICK GRAY/AFP/Getty Images