Maria Aletta Roode het op 16 Desember 2019 glo nog met haar seun Damon Roode oor die foon gepraat voor sy vermis geraak het.

“Sy het glo nadat sy met haar seun gepraat het nog ’n oproep gemaak voor sy verdwyn het,” sê ao. Tania Nel, polisiewoordvoerder.

Volgens haar het Maria die dag met ’n grys Volkswagen Polo gery.

“Sy het in daardie stadium nie ’n motor gehad nie en dit was ’n huurmotor waarmee sy gery het.”

Tania sê daar is nog geen aanduiding oor hoekom sy vermis geraak het nie en daar is steeds ’n volskaalse soektog aan die gang.

“Die omstandighede rondom haar verdwyning is steeds ’n raaisel, maar die polisie is steeds besig om haar te soek.”