Jamie (43) het op Dinsdag, 4 Augustus, ’n inbreker gevang wat probeer het om by sy huis van sowat R180 miljoen in Noord-Londen in te breek.

Volgens The Sun het sy vrou, Jools (43) en hul vyf kinders, Poppy (16), Daisy (15), Petal (9), Buddy (7) en River (2), almal tydens die voorval geslaap. 

“Jamie was gereed om ondersoek in te stel, toe hy onverwags die indringer, wat probeer het om by die huis in te kom, van aangesig tot aangesig ontmoet,” het ’n bron aan The Mirror vertel. 

Die befaamde kok het toe die inbreker straat af gejaag, en, toe hy hom vang, hom ondergesit.

’n Klompie van sy bure het bygekom en hom gehelp om die dief vas te hou tot die polisie opdaag.

Toe die polisie op die toneel aankom om die “aggressiewe man” in hegtenis te neem, het Jamie na bewering saam met hulle “gelag en grappe gemaak,” berig Metro

Jools en die kleingoed was glo verlig dat Jamie, wat onlangs erken het hy bring net naweke gehaltetyd saam met sy gesin deur, tuis was toe dit gebeur het.

Bronne onthul dat die indringer ook by Kate Moss se huis ingebreek het, maar hulle is nie seker of die 44-jarige model tuis was tydens die voorval nie.

Bronne: The Sun, Mirror, Metro