Maande lank al koer die aanbieder van SABC2 se Musiek Roulette, Nádine, en die liefling van Loftus, Derick Hougaard, oral in die sosiale media vir mekaar.  

Maande lank het hulle met hul geheimsinnige verhouding aanhangers op die punt van hul stoel gehou.

En op Valentynsdag het Derick sy romantiese kant gewys toe hy Nádine met ’n yslike bos rose verras.

Ons kan nie help om te wonder hoe die twee duifies Nádine se 36ste verjaardag sal vier nie.

Albei het Dinsdag in die sosiale media geskimp dat hulle planne vir die verjaardag het, maar wat dit is, het hulle nie verklap nie.

“Aangesien sosiale netwerke niks meer privaat of sosiaal hou. Probeer ek ’n maagvirus met Gin counter. A-Dit help nie. Maar my vrou verjaar amper,” het Derick Dinsdag op sy Twitter-profiel geskryf.

“In the first hour of life... we breathe. We cry. We are dependant. We seek. We start growing. We live. We have a heartbeat. We are.... May the essence of life never escape us. May we continue seeking. Breathing. Living. Growing. Emotionally. Spiritually. And recognise and embrace every single change and development in this metamorphosis we call LIFE,” het Nádine die aand voor haar verjaardag by ’n foto van ’n glas vonkelwyn op haar Instagram-profiel geskryf.

Kom ons kyk wat Derick vir hierdie spesiale dag vir Nádine beplan het . . .