Só het die landdroshof in Pretoria gehoor tydens Nicholas se tweede verskyning in verband met die verkragting van ’n sewejarige dogtertjie voorverlede maand.

Nicholas word daarvan beskuldig dat hy dié dogtertjie in ’n openbare toilet in ’n Dros-restaurant in Silverton in Pretoria verkrag het. 

Terwyl die saak aan die gang was, het Nicholas in ’n stadium in die beskuldigde bank gaan sit. Die landdros het hom gevra om weer op te staan.

Nicholas op een van vele kaalbolyffoto's wat hy in die sosiale media gedeel het. Foto: Facebook.

Die hof het ook gehoor Nicholas is al voorheen in ’n inrigting opgeneem vir die behandeling van dwelmmisbruik.

Hy is vanoggend in die hof na die Weskoppies- psigiatriese hospitaal verwys waar hy geëvalueer moet word. 

Die staat gaan ’n kliniese sielkundige aanstel wat saam met ’n span van kundiges gaan werk wat hom sal evalueer.

Die hof het verder gehoor die DNS-resultate wat op die toneel gevind is, is bekend. Hulle het nie dié resultate aan die hof of die media bekendgemaak nie.

Die staat het gesê as die saak verhoor word, moet die slagoffer in camera getuig.

Al die strate is deur EFF en ANC versper wat Ninow se kop eis. Foto: Cyril Blackburn.
Al die strate is deur EFF en ANC versper wat Ninow se kop eis. Foto: Cyril Blackburn.
Al die strate is deur EFF en ANC versper wat Ninow se kop eis. Foto: Cyril Blackburn.
Al die strate is deur EFF en ANC versper wat Ninow se kop eis. Foto: Cyril Blackburn.

“Ons is baie ontsteld hieroor. Ek kan nie verstaan dat die slagoffer, wat so jonk, is deur nog trauma gesit moet word deur in die hof te moet getuig nie. Daar is mos DNS-getuienis,” sê Bea Campbell-Cloete, ’n verteenwoordiger van die DA.

Al die strate by die hof is ook deur die EFF en ANC versper, wat Ninow se kop eis.

Nicholas sal in aanhouding bly tot later vandeesmaand wanneer hy weer in die hof moet verskyn.