Daar word al jare lank kop gekrap oor wat presies met die vermiste Maleisiese Vlug MH370 gebeur het. Ondersoeke rondom die vliegtuig wat soos ’n groot speld verdwyn het, het nog altyd meer vrae as antwoorde opgelewer. Tot nou.

Kenners meen hulle het uiteindelik die tergende geheim rondom dié Boeing 777 opgelos. In ’n ondersoek deur die Australiese nuusdiens Nine News, wat op die televisieprogram 60 Minutes uitgesaai is, het ’n paneel kenners onthul dat die vliegtuig deur die loods gesaboteer is en dat hy doelgerig gevlieg het na ’n afgeleë punt in die oseaan.

Vlug MH370 het op 8 Maart 2014 van die Kuala Lumpur-lughawe opgestyg en was bestem om in Beijing te land, maar ’n uur later het die vlug van die radar af verdwyn. Daar was altesaam 227 passasiers en 12 bemanningslede aan boord.

Daar is al wyd bespiegel oor wat met die vliegtuig kon gebeur het. Een teorie is dat dit moontlik deur terroriste gekaap is en dat daar ’n bom aan boord was, maar daar kon nog nooit enige klinkklare bewys hiervan opgespoor word nie. 

Intussen is wrakstukke soortgelyk aan dié Boeing 777 aan die Mosambiekse kus gevind, asook Madagaskar en selfs by Mosselbaai hier aan die Suidkus.

Kenners op die program het ingesluit die Kanadees Larry Vance, wat as senior vliegongeluk-ondersoekbeampte vir Kanade se vervoerveiligheidsraad gewerk het, die lugvaartveiligheidskenner kapt. John Cox, Australië se hoofkommisaris van vervoer en veiligheid, Martin Dolan en die Boeing-kenner Simon Hardy.

Hulle het saamgestem dat die vlieënier van Boeing MH370, kapt. Zaharie Ahmad Shah, verantwoordelik was vir die vliegtuig se val en dat hy “homself wou doodmaak”.

#Repost @ijeomadaisy ··· Aviation experts say MH370 pilot “ was killing himself” when he took the plane to the most remote spot he could so it would “disappear”. . . Larry Vance, former Senior Investigator with the Transportation Safety Board of Canada, told the Australian current affairs programme 60 Minutes he was confident he knows what happened to the aircraft. . . The panel, which also includes renowned aviation safety expert Captain John Cox and Martin Dolan, who was Chief Commissioner of the Australian Transport Safety Bureau when MH370 vanished, will re-examine the evidence and look at whether the ghost flight was actually a deliberate act of murder carried out by Captain Zaharie Amhad Shah. . . And after looking at the evidence they believe Captain Zaharie was responsible for the mystery. . Boeing 777 pilot and instructor Simon Hardy said Captain Zaharie avoided detection of the plane by either Malaysian or Thai military radar by flying along the border, crossing in and out of each nation’s airspace. . . So both of the controllers aren’t bothered about this mysterious aircraft. Cause it’s, ‘Oh, it’s gone. “It’s not in our space anymore. “If you were commissioning me to do this operation and try and make a 777 disappear, I would do exactly the same thing. . . That aircraft has probably depressurised, the people died of asphyxiation, it was premeditated murder. “It was highly planned. The bodies have never been found.” . . Boeing 777 airliner carrying 239 passengers and crew mysteriously vanished into thin air en route to Beijing from Kuala Lumpur, March 2014. . . #news #trending #ijeomadaisy #mh370 #malaysiaairlines

A post shared by ITSCOLLINSJAY (@itscollinsjay) on

Volgens hulle het Zaharie opsetlik onder die radar gevlieg deur langs Thailand en Maleisië se grens af te vlieg en in en uit die onderskeie landsgrense te beweeg. “Nie een van die kontroleerders sou oor die misterieuse vliegtuig bekommerd gewees het nie, want skielik is dit weg. Dit is nie meer in my lugruimte nie,” sê Simon. 

“Indien jy my opdrag gegee het om ’n 777 te laat verdwyn, sou ek presies dieselfde gedoen het.”

Simon beweer ook dat die vlieënier spesiaal oor sy tuisdorp Penang gevlieg het om totsiens te sê en van die kenners is van mening dat hy selfs sover gegaan het om ’n “beheerde landing” op die water te doen sodat die vliegtuig ’n groter kans het om in een stuk te bly en moeiliker opgespoor kan word.

Tog beweer die Australiese nuusdiens News.com.au dat daar tot dusver nog geen motief vir die vlieënier se daad onthul is nie. Reg van die begin af was daar gerugte dat Zaharie se huwelik in die moeilikheid was en dat dit die rede was dat hy die vliegtuig laat neerstort het.

Nog ’n teorie was dat hy die vliegtuig gekaap het in protes teen die Maleisiese opposisieleier van destyds Anwar Ibrahim wat in die tronk gestop is in ’n poging om die korrupte regering van Najib Razak te destabiliseer.

Zaharie se susters Sakinab Shah en Dah Ah het herhaaldelik die teorie afgemaak en ontken en het gesê dat sy huwelik sterk en stabiel was. 

In Maart 2015 het die Germanwings-vlieënier Andreas Lubitz met 'n Airbus A320 in die Franse Alpe neergestort as deel van 'n selfdoodpoging. Die vliegtuig was van Barcelona na Duitsland onderweg. Elkeen van die 150 mense aan boord is in die ongeluk dood.

Bronne: News.com.au9news.com.auWikipedia.org; Thesun.co.uk