Anthony Hand wat elf dae vermis was. Foto: Facebook
Anthony Hand wat elf dae vermis was. Foto: Facebook

Die familie van Anthony Hand (34) was op soek na hom sedert hy om 05:30 die oggend van 20 Mei by sy ouma Dora Hand se huis weg is na ’n familielid.

Hy woon saam met Lynette daar.

Hy het kwaai epilepsie en moet daagliks sy medisyne neem. Sy ma het haar op die ergste voorberei. Hulle was by die polisie en het lykshuise gebel. Hulle het ’n saak van ’n vermiste persoon aangemeld.

Wat Lynette nie toe geweet het nie, is dat hy 06:00 daardie oggend in Bremerweg in ’n tref-en-trap raakgery en baie ernstig beseer is.

“Nadat ons 11 dae lank gewag het vir inligting oor waar my enigste kind hom bevind, het ek en ’n familielid by hospitale aangegaan,” vertel Lynette.

Hulle was eers by die Pretoria Wes-hospitaal. Toe hulle by die Kalafong-hospitaal aankom, het hulle uitgevind ’n onbekende man is al byna twee weke in die waakeenheid, maar weens die inperking en die coronavirus kon niemand naby hom toegelaat word nie.

Die plakaat om Anthony Hand vermis en gevind aan t
Die plakaat om Anthony Hand vermis en gevind aan te meld. Foto: Facebook

“Ek was net bly my kind is lewendig. Ons is baie na aan mekaar,” vertel Lynette van die blye hereniging op 21 Mei. "My kind is dalk in duisend stukke, maar ons het hom opgespoor.”

Ouma Dora, vir wie hy voltyds oppas, is net so verheug.

“Hy is nou oorgeplaas na die ortopediese eenheid nadat vier operasies aan sy bene gedoen het. Hulle was verbrysel deur die impak van die voertuig en sy blaas het ook gebars.

“Hy het ook harsingskudding opgedoen. Anthony kan niks onthou van wat gebeur het nie. In hierdie stadium het hy geheueverlies. Hy kon nie eens onthou dit is lockdown weens ’n virus nie,” voeg Dora by.

“Nou wil ons net weet wie presies gejaag en hom raakgery het,” vertel Dora en voeg by: “Die leidrade kom in.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe