Die Nasionale Seereddingsinstituut is omstreeks 17:00 Vrydag ingelig dat ’n tienerseun in die Goukourivier verdwyn het, sê Arrie Combrinck, stasiebevelvoerder van die NSRI in Stilbaai.

Stefan het vermoedelik saam met vriende en leerlinge van die skool in die rivier geswem toe hulle die middag agterkom hy het verdwyn. Hulle het daarna om hulp gesoek. 

Teen Vrydagaand het die polisie se duikeenheid en die plaaslike NSRI geen teken van die seun opgespoor nie en is die soektog Saterdag in rëen en winderige weerstoestande voortgesit.

Stefan se lyk is kort voor 13:00 gevind. Hy het verdrink. Alle nooddienste is nog op die toneel. 

Medelye stroom in.

"Baie sterkte aan Mnr en Mev Marais! Hulle is in ons gedagtes!!" skryf Marita Jansen van Vuuren.

"Eks so jammer om dit te hoor ... ek bid vir vertroosting in die baie hartseer tyd," skryf Carla Remas. 

"Ai dis ongelooflik hartseer. So innig jammer vir julle verlies Marais-gesin. Ons hou julle in ons gebede. Sterkte," skryf nog een.