Volgens lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, was daar geen teken van ’n inbraak nie.
“Die twee meisies het die matrone gevra om die deur van die koshuis oop te los omdat iemand hul netbalklere vir hulle sou bring,” sê sy.
Toe die matrone die Saterdagoggend die meisies wou roep voor hul vertrek na Koster vir ’n sportbyeenkoms, het sy albei dood aangetref.
“Die een het aan die trapreling gehang en die ander een is in die badkamer gevind. Sy is met ’n dun tou verwurg.”
’n 19-jarige oudleerling van die skool, Xander Bylsma, is Saterdagaand gearresteer en het Maandagoggend in die Vryburgse landdroshof op aanklag van moord verskyn.
Volgens Amanda is ander mense ook ondervra, maar niemand anders is in hegtenis geneem nie. “Hy is in die stadium ons enigste verdagte,” het sy gesê.
Die twee meisies se families het Maandagoggend gewag dat die saak voorkom.
Die saak is uitgestel tot 6 Augustus vir verdere ondersoek. Xander het nie aansoek gedoen om borg nie en bly in aanhouding.
’n Familielid by die hof het gesê Marna en Sharnelle was die enigste twee meisies wat Vrydagaand in die koshuis geslaap het.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET