Sommige burgers van die Midde-Oosterse land vergelyk dié storie met 'n gelukkige einde nou met ’n modern Aspoestertjie-verhaal.

Aspoestertjie. Foto: Gallo Images/ Getty Images

In haar sprokie se geval was dit ’n glasskoen wat moes pas, in die verlore hond se geval was dit die temaliedere van sy gunsteling TV-reekse – Shemesh (’n Israelse sitkom) en die strokiesverhaal Arthur – wat vir 'n deurbraak gesorg het.

Die Israeliese polisie was op ’n roetine-ondersoek in die woestyn toe hulle op ’n erg verwaarloosde eskimohond afkom in die Bedoeïene dorpie, Tel Sheva. ’n Groep tieners was saam met die hond en het vertel dat hulle hom uitgeteer in ’n veld gekry het.

Een van die polisiebeamptes onthou toe van ’n eskimohond wat in ’n buurdorp, Beersheba, as vermis aangemeld is. Hulle het dié hond se eienaar gebel en gevra om die hond te kom uitken, maar hy het gemeen dit is nie nodig nie.

Speel die temaliedere van dié TV-programme en as hy "saamsing" is dit sy verlore eskimohond, het hy gesê.

Kyk die video om te sien wat toe gebeur:

Bronne: Jerusalem Post, timesofisrael.com, sunnyskyz.com, pickle.nine.com.au