Met talle winkelgroepe wat spesiale aanbiedings op grootmaat gebottelde water het, voel kliënte gedwing om hulself vir die dag voor te berei wanneer daar nie meer water by die krane gaan uitkom nie. ’n Dramatiese video wat op Facebook gedeel is, is nou al meer as twee duisend keer aangestuur.

Volgens News24 het Pick ’n Pay, Shoprite en Woolworths ’n toename in gebottelde water se verkope opgemerk. Dit het gemaak dat sommige winkels die aantal bottels water wat kliënte kan koop begin beperk het.

Een ontstoke lid van ’n waterspaar-groep op Facebook skryf dat hy sowat R20 meer vir ’n boks van vier 5 L-bottels water by ’n ander winkel moes betaal, nadat dit by sy eerste keuse uitverkoop het.

Mense het ook hierdie fenomeen met foto’s in die sosiale media gedeel.