Marcia en Bruno in die huis waar hulle gebly het.
Marcia en Bruno in die huis waar hulle gebly het. Foto: Magazine Features/Newsflash

Die dag daarna het Bruno Eustaquio Vieira wraggies ook ’n huldeblyk aan sy 44-jarige ma, Marcia Lanzane, op Facebook gedeel.

Die skokkende gebeure is op 20 Desember verlede jaar op ’n sekuriteitskamera in hul gesinswoning in die Brasiliaanse stad Guaruja vasgevang.

Die plaaslike media het dit op 2 Junie uitgesaai – daarin kan gesien word hoe die twee in ’n deuropening in hul huis baklei.

In die beeldmateriaal kan na bewering gesien word
In die beeldmateriaal kan na bewering gesien word hoe Bruno Eustaquio Vieira en sy 44-jarige ma, Marcia Lanzane, in ’n deuropening in hul huis baklei. Foto: Magazine Features/Newsflash

Die twee val dan en Bruno is bo-op sy ma en slaan haar met die vuis en verwurg haar terwyl hy die gesin se hond probeer wegdruk.

Bruno slaan haar met die vuis en verwurg haar terw
Bruno slaan haar met die vuis en verwurg haar terwyl hy die gesin se hond probeer wegdruk. Foto: Magazine Features/Newsflash

Volgens die polisie het Bruno eers gekyk of sy nog ’n polsslag het en toe haar lyk op die vloer gelos en televisie in die sitkamer gaan kyk.

Bruno slaan haar met die vuis en verwurg haar terw
Bruno slaan haar met die vuis en verwurg haar terwyl hy die gesin se hond probeer wegdruk. Foto: Magazine Features/Newsflash

Hy het later gaan slaap en die volgende oggend die huis verlaat vermoedelik om gimnasium toe te gaan en ná ’n kort rukkie teruggekeer.

Familielede het destyds vertel hy het hulle in ’n toestand gebel en gesê hy het sy ma dood in hul huis aangetref.

’n Neef het aan die polisie vertel die jong man het vir hom gesê hy het gim toe gegaan en toe hy terugkom sy ma se lyk op sy slaapkamervloer gevind.

Marcia Lanzane en Bruno Eustaquio Vieira. Foto: Ma
Marcia Lanzane en Bruno Eustaquio Vieira. Foto: Magazine Features/Newsflash

Bruno het die polisie gebel, wat sy verklaring afgeneem het.

Hy het selfs later die aand foto’s van hom saam met sy ma op Facebook gedeel en geskryf: “Ek sal jou altyd liefhê. Dankie vir alles. Ek treur oor my ewige koningin.”

Marcia Lanzane (44). Foto: Magazine Features/Newsf
Marcia Lanzane (44). Foto: Magazine Features/Newsflash

Die polisie het egter besluit om hom te ondervra toe nuwe bewyse opgeduik het. Hy het dié keer ’n ander weergawe van gebeure gegee en gesê hy het sy ma tydens ’n argument gestoot, sy het geval en haar kop gestamp.

Daar word na geregtigheid vir Marcia gesoek. Foto:
Daar word na geregtigheid vir Marcia gesoek. Foto: Magazine Features/Newsflash

Die polisie het haar dood as verdag beskou, maar die jong man op borgtog vrygelaat terwyl hul ondersoek voortgeduur het. 

Bruno Eustaquio Vieira word hier deur die polisie
Bruno Eustaquio Vieira word hier deur die polisie in hegtenis geneem. Foto: Magazine Features/Newsflash

Die familie was verpletter oor Marcia se dood en het daarom verlede jaar nie Kersfees gevier nie. Ná die onlangse uitreiking van die video word Bruno sedert 1 Junie aangehou.  

Hy word aangekla van strafbare manslag. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe