Op Saterdag 28 April het die Twitter-gebruiker Morgan (@aeonianlife) ’n hartroerende video gedeel van waar sy senuagtig naby haar voordeur vir haar skooldansmetgesel, Tarik, staan en wag.
“Nadat ek vir 10 maande nie met my eie twee bene kon loop nie, het ek my skoodansmetgesel hiermee verras,” het sy by die video geskryf.
Voor Tarik na haar toe kon stap, het die tiener hom die skok van sy lewe gegee deur stadig na hom toe te stap.
Haar verbaasde metgesel het na haar gehardloop om haar te omhels.
“Hoe het jy dit reggekry?” vra hy haar.
After not being able to walk with my own two legs for 10 months... i surprised my prom date with this??? pic.twitter.com/rKLoCoxZRL
— MoMo (@aeonianlife) April 28, 2018
Volgens Indy100 was die tiener die afgelope 10 maande in ’n rolstoel weens komplikasies wat sy tydens ’n operasie opgedoen het.
Gevolglik het sy aan konversie-steurnis gely – ’n geestestoestand wat ’n mens laat blind of verlam raak of ander neurologiese simptome toon wat nie deur mediese evaluering verklaar kan word nie, volgens Medline Plus.
Prom 2018 with one of my best supporters (:??? pic.twitter.com/JdxYZLFwkt
— MoMo (@aeonianlife) April 29, 2018
Sedertdien het die greep soos ’n veldbrand op die internet versprei. Meer as ’n miljoen mense het al aangedui hulle hou daarvan en dit is al sowat 251 000 keer hertwiet.
“Oukei, ek het nou hieroor gegrens. Sy reaksie is kosbaar en jy is pragtig,” sê ’n Twitter-gebruiker.
“Ek hou van hoe dit hom sowat 10 sekondes neem om behoorlik te begryp wat aangaan,” sê nog een.
Op ’n ander video wat in die sosiale media geplaas is, word onthul Morgan is later die aand as danskoningin gekroon
YOUR BEAUTIFUL 2018 HEALTH CAREERS HS PROM QUEEN! ??? @aeonianlife pic.twitter.com/9pOiK0hqF2
— lexi ?? (@lexi_gonzales7) April 29, 2018
Bron: people.com
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET