Behalwe vir die jong vrou wat oorlede is, is ’n verdere 13 mense beseer. ’n Jong meisie is in ’n kritieke toestand.

Volgens die BBC het ’n man op mense losgebrand waar hulle Sondagaand in Danforth-weg by restaurante gesit het. 

Die Greektown-buurt, waar die aanval plaasgevind het, was baie besig en bevat baie van die gewildste restaurante, kafees en winkels, berig The Guardian.   

’n Video wys hoe ’n swartgeklede man met ’n skouersak en swart pet met ’n vuurwapen deur restaurante se vensters op mense skiet.

Hy is in ’n skietgeveg met die polisie doodgeskiet. Die motief vir sy aanval is steeds onbekend, berig CNN

Bronne: BBC, CNN, The Guardian.