Kolwyntjies is heel waarskynlik een van die veelsydigste koekies wat uit enige kombuis kan kom.

Dit kan in feitlik enige kleur van die reënboog berei en van die vernuftigste versierings denkbaar voorsien word.

Maar dié byna lewensgetroue weergawes vat beslis die koek . . .

Dié video is al meer as 10 000 keer op Facebook gedeel. En dit gaan moontlik nog ’n paar duisend keer met afgryse en vreemd bewondering bekyk word.

WAARSKUWING: DIT KAN SENSITIEWE LESERS ONTSTEL

En dan hierdie weergawe. Gaan jy ooit weer dieselfde na 'n puisie op iemand se gesig kan kyk sonder om hieraan te dink?