Anette Roberts en Dana Snyman sou op 9 Desember met mekaar getrou het en die voormalige Springbokrugbyspeler Rudi “Vleis” Visagie sou saam met haar na die kansel gestap het.

“Ek dink sy wou vir my die eer gee om haar na die kansel te neem omdat ek nooit daardie geleentheid sal hê nie,” sê Vleis.

In 2004 het Vleis per ongeluk sy enigste dogter, Marie (toe 19), geskiet toe hy haar as ’n motordief aansien.

“Sy het nie meer ’n pa nie, en ek het dit as ’n groot eer beskou en gretig ingestem om dit te doen.”

Hy sê hy en sy vrou, Frieda, het Anette ontmoet toe Dana ’n storie oor hulle doen.

Vandag toer hy en Frieda deur die land met hul woonwa en doen evangelisasiewerk.

   

“Frieda en Anette het dadelik gekliek en ons het telefonies kontak gehou.”

Sy het vir hulle in April haar huis in Bloemfontein aangebied toe sy by Dana op Jacobsbaai gaan kuier.

Anette het haar op Dana se 55ste verjaardag in Rudi Nienaber, ’n vriend, se motor vergas.

“Ek weet nie juis hoekom sy my gevra het om dit te doen nie. Dalk het sy iets in my gesien. ’n Goeie vriend of ’n vaderfiguur.”