Antonio 'Toninho' Sena
Hy het ’n noodlanding in ’n stroom gedoen en ’n deel van die vliegtuig het gebrand. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

’n Taakspan het vir Antonio "Toninho" Sena, heelwat maerder en met dikker hare, op 6 Maart in ’n dig beboste gebied in die noordelike Almeirim-streek in Brasilië opgespoor en gered.

Hy is na ’n hospitaal in Santarem geneem waar hy die nag deurgebring het, voor hy die volgende dag ontslaan is.

Foto’s wat voor en ná die ongeluk geneem is, wys sy dramatiese gewigsverlies en haargroei in die tyd toe hy in die woud vermis was.

Antonio 'Toninho' Sena
Die vlieënier het oorleef op die brood wat hy saam met hom op die vliegtuig geneem het. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Antonio is as vermis aangemeld nadat hy op 28 Januarie in Alenquer in ’n Cessna 210 Centurion opgestyg het. Nadat die enjin onklaar geraak en hy ’n noodlanding gedoen het, hy het vir 36 dae alleen in die woud gestap en eindelik op ’n groep neutplukkers afgekom, wat ’n groot vuur gemaak het sodat soekspanne hom kon opspoor.

Antonio was ontwater, swak en het skaafplekke aan sy lyf gehad toe hy die groep raakloop. Hy het later aan die media vertel hy het amper verdrink nadat hy die geluid van ’n kettingsaag gehoor en ’n stroom oorgesteek het om die neutplukkers te bereik. 

Antonia in die vliegtuig
Foto’s wat voor en ná die ongeluk geneem is, wys sy dramatiese gewigsverlies. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die vlieënier het oorleef op die brood wat hy saam met hom op die vliegtuig geneem het. Hy het ’n noodlanding in ’n stroom gedoen en ’n deel van die vliegtuig het verbrand. 

Oor die neutplukkers wat vir hom kos gegee het, het Antonio gesê: “Die neutplukkers het groot harte. Maria Jorge en al die plukkers, baie dankie vir alles, ek het julle met my hele hart lief.”

Antonio is met sy familie herenig.
Antonio is met sy familie herenig. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Hy het ook die soekspanne en God bedank. “Ek wil almal bedank wat nooit tou opgegooi het nie. Dankie en alle eer en glorie aan God.”