Eindelik is minstens 10 mense Maandagaand in dié Lion Air Boeing 737 beseer nog voor die vliegtuig opgestyg het. Die vlug was van Borneo na Djakarta in Indonesië onderweg, berig Time

Nadat die 26-jarige Frantinus Nirigi die nuus gedeel het, het ’n ander passasier die nooduitgang oopgebreek. Toe die kaptein vra dat die 189 passasiers die vliegtuig verlaat, het mense mekaar begin stamp en stoot om uit te kom.   

’n Video wat een van die vlieëniers gedeel het, wys hoe passasiers by die nooduitgang uitstorm en van hulle sommer van die vlerke tot op die aanloopbaan spring. 

Agt passasiers is met gebreekte bene en kopwonde in hospitale opgeneem en twee het geringe beserings opgedoen.  

Die polisie het eindelik die vliegtuig deursoek en geen bom of ploftoestel gevind nie, berig Channel News Asia

Nirigi en die man wat die nooduitgang opgebreek het, is albei in hegtenis geneem. Hulle word elk tot agt jaar tronkstraf in die gesig gestaar, berig New York Post.

Valse bomdreigemente en die oopmaak van ’n nooduitgang sonder toestemming van die vlugpersoneel word as misdade geklassifiseer.  

Volgens New York Post is bomdreigemente in vliegtuie ’n groot probleem in Indonesië. Talle mense is vanjaar al daaroor van vliegtuie verwyder. Die vlieënier wat die video gedeel het, beweer dit is die negende voorval die afgelope maand. 

Die vlug is eindelik met drie uur vertraag. 

Bronne: New York PostTimeChannel News Asia