Reddingswerkers op die strand. Die liggaam van die
Reddingswerkers op die strand. Die liggaam van die dogtertjie is steeds soek. Foto: Verskaf

’n Motor, met vermoedelik ’n ma en haar twee kinders, het Donderdagmiddag omstreeks 12:00 oor die Voëlklip-uitkykpunt naby Heroldsbaai gestort. 

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Die agtjarige seun het glo uit die motor ontsnap, kort voor dit by die krans afgeval het.

Die 34-jarige ma se liggaam is kort daarna in die see gevind terwyl die dogtertjie steeds soek was. 

“My seuntjie hou baie daarvan om na die uitkykpunt te gaan, so my pa het die kinders daarheen gevat,” vertel Charmaine Jansen van Rensburg aan Huisgenoot

Op pad daarheen het hulle die seun langs die pad sien stap, hy het gewaai en Charmaine se pa, Anton Gerber, het gestop, vertel sy. 

“Die seuntjie het gesê ‘My mom is lying in the ocean’. Hy het vir my pa gaan wys waar sy ma afgery het en verduidelik dat sy sussie ook in die kar was. My pa het my toe gebel en gevra om die polisie te bel, want hy kon hulle nie aan die hande kry nie,” vertel Charmaine, wat haar ook na die toneel gehaas het. 

Die toneel by die Voëlklip-uitkykpunt naby Herolds
Die toneel by die Voëlklip-uitkykpunt naby Heroldsbaai. Foto: Charmaine Jansen van Rensburg

Charmaine het die verskrikte kind vasgehou. 

“Hy het gesê hy het uit die motor geval. Hy het beserings op sy gesig gehad en hy het gesê sy rug is ook seer.”

“Hy het so gebewe,” vertel sy hartseer. 

Toe ek jou gevoel bewe het, my hart in stukke gebreek toe ek die pyn in jou oë sien.

Die polisie was kort daarna op die toneel waarna hulle oorgeneem het en na die seun omgesien het. 

Charmaine, haar pa en die kinders was vir ’n ruk op die toneel, tot die polisie laat weet het hulle gaan die liggaam van die ma uit die see haal. 

“Aan die klein seuntjie wat ons langs die pad by Voëlklip aangetref het, wat vir my pa gewaai het: Toe ek jou voel bewe het, het my hart in stukke gebreek toe ek die pyn in jou oë sien. Ek het geen woorde nie, maar ek is bly ons het jou gekry toe ons het. Dit sal nooit vir jou die troos bring van jou mamma en sussie nie, maar ek bid vir jou elke sekonde van elke dag. 

Reddingswerkers soek na die vrou en haar dogtertji
Reddingswerkers soek na die vrou en haar dogtertjie. Foto: Charmaine Jansen van Rensburg

“Here, beskerm asseblief hierdie seun van dit waardeur hy moes gaan. Hou hom asseblief kalm en veilig,” het Charmaine roerend op Facebook oor die voorval geskryf. 

Die soektog na die dogtertjie is Donderdagmiddag omstreeks 16:00 gestaak. 

“Dit is nie meer dieselfde by Voëlklip nie. Die kruise en bosse blomme raak net meer,” het Charmaine gesê. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe