Volgens kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het die vrou se man, wat ook die kinders se pa is, versoek dat die name weerhou word. 

Die man, 'n sakeman van George, was vandag op die toneel by die Voëlklip-uitkykpunt waar die voorval gebeur het, terwyl verskeie reddingswerkers en polisieduikers na die liggaam van sy tweejarige dogtertjie gesoek het. 

Die 34-vrou se liggaam is Donderdagmiddag uit die see gehaal.

Die meisie se broer, ’n agtjarige seun, was ook in die voertuig, maar hy het glo uit die motor geval voor dit oor die krans gestort het. Weldoeners het hom later langs die pad gevind en gehelp.

Die voorval het omstreeks 12:00 Donderdagmiddag gebeur.

Die soektog na die meisie is gistermiddag afgelas en vanoggend vroeg weer begin.

“ ’n Hommeltuig word ook vir die soektog ingespan,” het Malcolm gesê.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe