Volgens kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, sal reddingswerkers rondom Heroldsbaai en die Voëlklip-uitkykpunt na die meisie se liggaam soek. 

Die polisie kan nog nie die name van die oorledenes bekend maak nie aangesien hulle eers wil seker maak alle naasbestaandes is oor die voorval ingelig. 

Die liggaam van ’n 34-jarige vrou is gister uit die see gehaal nadat haar motor by die uitkykpunt oor ’n krans gestort het. 

Die tweejarige dogtertjie en ’n agtjarige seun was ook in die motor, maar die seun het glo uit die motor geval voor die voertuig oor die rand is en in die see geval het. 

Die voorval het omstreeks 12:00 Donderdagmiddag gebeur. Inwoners van Heroldsbaai het kort daarna by die uitkykpunt aangekom en die seuntjie langs die pad aangetref

Die seuntjie het vir Anton Gerber, wat sy kleinkinders na die uitkykpunt toe vergesel het, verduidelik dat sy ma se motor in die see geval het. 

Anton het sy dogter, Charmaine Jansen van Rensburg, gebel toe hy nie dadelik die polisie in die hande kon kry nie.

Sy het die polisie ontbied en haar na die toneel gehaas. 

Die polisie was ook spoedig op die toneel. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe