Die pendoppie word na 20 jaar verwyder. Foto: News
Die pendoppie word ná 20 jaar verwyder. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die onbekende man, van Xi'an in die Shaanxi-provinsie in China, het die afgelope 10 jaar uitmergelende simptome soos ’n uiterste gehoes en oormatige slym ervaar.

Die man het die afgelope jaar toenemend bekommerd geraak oor sy toestand, veral toe hy opmerk dat hy bloed hoes. Hy het toe besluit om hospitaal toe te gaan vir ’n ondersoek.

In die afdeling van respiratoriese en kritieke sorg van die Xi'an- sentrale hospitaal het die dokters ’n CT-skandering op sy bors uitgevoer wat gewys het daar is ’n vreemde voorwerp in die man se lugpyp, die asemhalingsbuis wat die mond met die longe verbind.

Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Dokters het daarna ’n brongoskopie gedoen, ’n prosedure waar ’n dun buis in die keel van die pasiënt geplaas word, en het eindelik die vreemde voorwerp verwyder.

Die voorwerp was ’n pendoppie van 1,8 x 0,8 cm wat die pasiënt glo meer as 20 jaar gelede per ongeluk ingeasem het, en wat verantwoordelik was vir sy simptome wat oor die jare vererger het.

So klein dingetjie, soveel ongemak. Foto: Newsflas
So klein, maar dit kan tot soveel ongemak lei. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Die pendoppie wat al die ellende veroorsaak het. F
Die pendoppie wat al die ellende veroorsaak het. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Volgens dokters sterf baie mense en veral kinders jonger as vyf jaar nadat hulle vreemde voorwerpe soos batterye, pendoppies, munte, magnetiese krale en speelgoeddele insluk. Maar daar is wel sommige seldsame gevalle waar pasiënte maande en selfs jare lank vreemde voorwerpe in hul lugpyp het sonder om daarvan bewus te wees.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe