Addelaid Ferreira Watt was besig om ’n booswig in Ixopo se streekshof aan te kla vir ’n plaasaanval toe die voorval gebeur het. 

“Hoe word 'n vuurwapen toegelaat as bewysstuk sonder dat dit behoorlik beveilig word? 

Addelaid Ferreira Watt
Addelaid Ferreira Watt is in 'n fratsongeluk dood. Foto: Facebook

“Dis per slot van sake een van die basiese grondreëls wat vir ons almal in die polisie en die weermag in basiese opleiding ingedril is,” wil De Wet Potgieter, ’n vriend van Addelaid, weet. 

Volgens hom was daar nog ’n los koeël in die magasyn.

Sy het die geweer op die grond laat val en die skoot het haar in die been getref. 

Sy is vier ure later in die hospitaal dood weens bloedverlies. 

De Wet beskryf Addelaid as ’n “fancy, maar tog hardegat” vrou wat vrees in booswigte se harte ingeboesem het. 

Sy het vir die kantore van direkteur van openbare vervolging in Pietermaritzburg gewerk. 

Intussen het huldeblyke vir die senior advokaat in die sosiale media ingestroom. 

“Sal jou geselsies mis,” skryf Evelyn Joan op haar Facebook-blad. 

“Jy het altyd tyd vir almal gehad. My hart ween.”