’n Britse vrou het die noodeenheid meer as 200 keer besoek en twee werke weens haar pynlike toestand verloor. 

Endometriose – wat maak dat weefsel buite die baarmoeder groei – is gediagnoseer by Sinead Smythe, van Brighton in Brittanje, nadat sy pynlike maagkrampe verduur het sedert sy 11 jaar oud was. 

Die 20-jarige sê weens haar ondraaglike toestand het sy die noodeenheid meer as 200 keer besoek, twee operasies ondergaan en selfs twee werke verloor. 

“Ek het twee werke as ’n ontvangsdame in 2015 en 2016 weens endometriose verloor, want ek het onbetroubaar geword weens die daaglikse pyn,” sê Sinead.

“My werkgewers het nie verstaan nie. Hulle het my aangekyk asof ek jok, want ek het nie siek gelyk nie. Enigiemand wat dit nie verstaan nie, noem dit ‘’n kwaai maandstonde’. Maar dit is baie erger as dit en word verkeerd vertolk deur mense wat nie daardeur geraak word nie.” 

Voor die diagnose van endometriose het die jong vrou meermale by noodeenhede aangeklop en is aanvanklik gemeen sy het bekkenontsteking. Sy is met antibiotikum behandel, maar niks het die verlammende pyn verlig nie. 

“Met die jare het ek dokters en noodeenhede honderde kere besoek sonder enige hulp hoegenaamd. "

“Ek het selfs ’n seksuelegesondheidskliniek besoek as ’n laaste wanhopige poging om te probeer uitvind wat skort.” 

So today is the first blank page of a 365 page book. Let's start 2018 stronger women than we were yesterday! You should be so very proud of yourselves... You fight a battle every single moment of every single day and most people wouldn't even have a clue what your going through! There are two types of pain in this world - pain that hurts you and pain that changes you, unfortunately most of us endometriosis suffers feel both of these pains all at once (and its rather overwhelming). Ladies whenever you find yourself doubting how much more you take possibly take, just remember how far you've come. Remember everything you have faced, all of the battles you've been against, all the fears you've over come! NEVER give up on this battle, you are NOT fighting this alone. It'll always be hard trying to explain to someone how you are feeling whilst looking fine on the outside just please don't doubt yourself just because most people are likely to think were 'dramatic'. No-one will ever understand our pain until they are in your position. None of us knew one day we'd wake and never get better. Did you know? walking pain free is a blessing and wish but being able to walk without showing your pain is a serious skill. Your not lazy, or a crazy lady my darlings - YOU are WARRIORS! You don't have to pretend your okay because you'll only hurt yourself. Be real with what your going through and what your feeling just don't let it consume you! Keep it balanced. I'm wishing you ALL beautiful moments, treasured memories and all the blessings a warm heart can know. Lets pray together! Please bring us better health within this new year. Much love you too you incredible women. You inspire me every day! Happy new year Xxxxxxxxxx

A post shared by NAY (@sineadsmythe) on

Eers in Januarie 2016 is endometriose by Sinead gediagnoseer en het sy chirurgie ondergaan om die pyn te verlig. 

“Ek het ’n operasie met die naam laparoskopie ondergaan sodat dokters kon sien wat in my buik aangaan. Dis toe dat hulle besef ek het die toestand en soveel moontlik van die endometriose verwyder."

“Maar ek het geen benul gehad dit is ’n terugkerende siekte nie; net drie maande later was die pyn terug.”

Sinead sê sy het ’n blog begin om bewustheid van die toestand te bevorder en te dokumenteer hoe dit haar lewe elke dag raak. 

I have a new obsession with fury pockets

A post shared by NAY (@sineadsmythe) on

“As ons almal saamstaan teen hierdie aaklige toestand, sal ons ander help verstaan en hopelik sal geen ander vrou alleen in die stryd voel nie,” sê sy. 

Haar eerste hartroerende in skrywing in die sosiale media oor endometriose is meer as 20 000 keer gedeel, en Sinead vertel sy ontvang steeds boodskappe van vroue wat aan dieselfde pynlike toestand ly.

“Ek was totaal en al geskok. Ek was sprakeloos. Dit was nie net ek wat aan die grusame siekte ly nie. Dit het my baie emosioneel gemaak om te weet daar is so baie vroue wat presies nes ek voel,” sê sy.

Die sterk reaksie van haar volgelinge het die ontvangsdame aangemoedig om ’n positiewe lewensbeskouing te hê. 

“Dit is moeilik om met ’n langtermyn-, ongeneeslike, onsigbare siekte saam te leef, maar jy kan nie toelaat dat endometriose jou lewe oorneem nie,” sê sy. 

“Jy kan nie toelaat dat endometriose die stryd wen nie, want dit het die mag om jou te vernietig en jou drome te kelder!”

“Een klein positiewe gedagte in die oggend kan eerlikwaar jou hele dag verander! ’n Negatiewe gees sal jou nooit ‘n positiewe lewe gee nie.”