Vrou (76) ontmoet 23-jarige manlief by haar seun se begrafnis

akkreditasie
Almeda Errell is dalk 53 jaar ouer as Gary Hardwick, maar vir hulle beteken die reuse-gaping niks as dit by die liefde kom nie.

Toe hulle mekaar ses jaar gelede op Almeda se seun se begrafnis ontmoet, was Gary maar 'n skamele 17 jaar oud  jonger as een van haar kleinseuns.

En die 76-jarige onthou nog hoe sy destyds gedink het hy is "die Een", nog voor sy ’n volwaardige gesprek met hom gevoer het. 

’n Jaar later, toe hy 18 en sy 72 was, het hulle begin uitgaan; twee weke daarna het Gary die ja-woord gevra en in 2015 is hulle getroud. 

Die paartjie wat in Tennessee in die VSA woon, is sedertdien gelukkig getroud. 

“Ons geniet ons verhouding. Wanneer jy daardie perfekte een ontmoet, weet jy jy wil nie daardie gevoel verloor nie,” sê Almeda. 

Dit lyk of Gary nog altyd ’n oog vir ouer vroue gehad het en hy beskryf homself as “baie volwasse vir my ouderdom”. Voor sy paaie met die van Almeda gekruis het, het hy pas uit ’n verhouding met ’n 77-jarige vrou gekom. 

“Ek was nog nooit tot jonger vroue aangetrokke nie. Selfs toe ek 13 of 14 was, het ek ouer vroue altyd aantreklik gevind.

"Toe ek vir my ouma, wat my grootgemaak het, dit vertel, het ek nie geweet hoe sy sou reageer nie, maar sy het ons aanvaar,” vertel hy. 

Die egpaar, wat nou op TikTok roem behaal het, deel dikwels video’s waarop Gary vir sy vrou saam met liedjies lipsink terwyl hy haar met drukkies en soene oorlaai.

Almeda, ’n ma van vier en ouma van ses, sê sy het nie veel liefdesbetoning in haar eerste huwelik ervaar nie. 

“Ek was vir 43 jaar getroud en daar was nie veel drukkies en soentjies nie, geen romanse nie,” sê sy in ’n video op haar YouTube-kanaal. Maar nou is dit ’n ander storie.

“Dis ’n warrelwind,” sê sy van haar en Gary se verhouding.

Die egpaar, wat mekaar voorheen al as “wonderlike minnaars” beskryf het, het onlangs ’n OnlyFans-rekening opgestel waarop hulle meer gewaagde inhoud deel.

“Ek en my vrou is nuut op OnlyFans. Ons het ’n ouderdomsgaping van 53 jaar,” skryf Gary op Twitter. “Sy is 76 en ek is 23. Ons het ten volle eksplisiete inhoud op ons OF-blad. Tot dusver het ons die top 10% in ’n week bereik.” 

Gary het nog altyd sy liefde vir sy vrou openlik gedeel. “Ek vier ons liefde en dank die Here elke liewe dag daarvoor dat hy vir my my engel, my sielsgenoot gestuur het,” sê hy in ’n plasing op hul gesamentlike Instagram-rekening. 

“Ek voel nooit ek loop iets mis oor ek met Almeda getroud is nie.” 

Bronne: TikTok, YouTube, Instagram, dailymail.co.uk

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees