En terwyl sy dalk die mediese verwagtings uitgedaag het deur weer te kan loop, leef Emma Carey steeds met die letsels saam van ’n fratsongeluk wat amper haar lewe gekos het. 

Die 25-jarige vrou van Queensland, Australië, het ’n eerlike foto van haar in 'n deurweekte denimkortbroek op Instagram gedeel. 

Emma se valskermspring-ongeluk het haar met ’n rugmurgbesering gelaat wat tot derm- en blaasinkontinensie gelei het, berig The Metro. Sy kan net 100 ml vloeistof inhou voor sy haar onwillekeurig benat.

“Dit is hoe ek elke liewe dag lyk. Vele kere per dag,” skryf sy by haar selfie in die badkamer. 

I’ve seen this photo floating around the internet lately so thought I’d take a moment to chat about my pee covered pants. This is what I look like every. single. day. Multiple times a day. I think because I can walk, people tend to think I have completely recovered from my spinal cord injury but the truth is I still have many lasting effects, one of them being that I am completely incontinent with both my bladder and bowels. At first I was so embarrassed by this and tried to keep it a secret. I didn’t leave the house because I was so worried that people would find out. I wouldn’t tell anyone why I had to be near a toilet at all times. I wouldn’t let anyone see my catheters or pads. I would run away and hide every time I had an accident. It was exhausting trying to keep it a secret, so instead I just didn’t let anyone close to me. It wasn’t long until I realised that if I was going to get upset and angry every time I peed myself, it would mean that I would be upset and angry every single day of my life. For the rest of my life. And that’s when it hit me.. I survived a bloody skydiving accident. I don’t know how or why but I know that it certainly wasn’t to live a depressing life. I owed myself way more than that. Now it’s five years later and I don’t think I have a single friend that hasn’t seen me pee. I tell people about my incontinence generally within 10 minutes of meeting them. And now I’m posting a picture of my pee covered pants to over 100,000 people without a second thought. The point of this isn’t for sympathy or for praise, it’s to show you that it is completely and entirely possible to not give a single sh*t about the things that people expect you to care about. Just because we have grown up to believe that certain things are taboo or shouldn’t be spoken about, doesn’t mean that they are. Just because people think you should feel embarrassed about something, doesn’t mean you need to. Just because people might judge you on a certain thing, doesn’t mean you need to care. How you feel about certain situations is entirely up to you. If you own your life and all your ‘flaws’, they will never be able to own you. It’s the most freeing thing in the world.

A post shared by EMMA CAREY (@em_carey) on

“Omdat ek kan loop, dink mense ek het heeltemal van my beserings herstel. Maar inderwaarheid het ek steeds talle blywende gevolge, een daarvan dat ek heeltemal inkontinent is. 

“My blaas kan net 100 ml hou voor dit lek. Dis minder as ’n koppie vloeistof. Soos jy jou waarskynlik kan voorstel, beteken dit ek benat myself letterlik onophoudelik. 

“Ek dink nie ek het ’n enkele vriend wat my nog nie sien urineer het nie. Ek vertel gewoonlik vir mense van my inkontinensie binne 10 minute nadat ek hulle ontmoet het. En nou deel ek 'n foto van my broek vol urine na meer as 100 000 mense sonder om twee keer te dink.”

Die langbeenblondine was op ’n Europese avontuur in die Switserse Alpe toe die ongeluk op 9 Junie 2013 gebeur, skryf ABC.

Dit was die eerste keer dat sy valskerm gespring het en Emma, wat aan ’n instrukteur vasgegespe was toe sy uit die vliegtuig spring, het dit beskryf as die “beste gevoel wat ek nog ervaar het”. 

“Ek onthou net ek het gedink dit is waar ek moet wees. Dit is suiwer saligheid.” 

Maar Emma se instrukteur het die eerste valskerm te laat oopgetrek en dit het daartoe gelei dat die noodvalskerm ook oopgegaan het. Later was albei ontplooi, maar dit het meer chaos veroorsaak as wat dit met lewensredding gehelp het. 

“Dit het saam uitgekom, verstrengel geraak, om die instrukteur se nek gedraai en hom gewurg,” vertel Emma.  

“Hy was die hele val bewusteloos. Hy kon nie die toue sny of help nie.”

Die valskerms het die val help verlig, maar kon nie vir ’n veilige landing sorg nie. 

“Ek onthou alles. Ek het op my maag geland, my gesig in die grond. Ek het nooit bewusteloos geraak nie, en ek wens eintlik altyd ek het, want ek hou nie van die herinnering nie.”

Emma was vier maande lank in die hospitaal en het talle operasies en uitgebreide rehabilitasie ondergaan.

“Hulle het vir my gesê ek het 'n L1-rugmurgbesering, het my rug gebreek en is nou ’n parapleeg.”

Die dokters het gesê ek sou nooit weer loop nie, maar 18 maande ná die ongeluk het Emma die gebruik van haar bene teruggekry. Dit maak haar een van ’n paar “lopende parapleë” ter wêreld.

Al het sy wonderbaarlik herstel, het Emma se inkontinensie haar van haar selfvertroue beroof, berig Daily Mail

“Ek was verleë daaroor en het dit probeer geheim hou. Ek het nie uit die huis gegaan nie, want ek was bekommerd mense sou uitvind.

To whoever is reading this... thank you. I don’t know how you found me or what made you personally want to start following along with my journey, but I’m so glad you did. It’s pretty wild to know that there are now over 100,000 of you here and it actually makes me really proud. Not because getting followers is something to strive for, but proud because I somehow turned my life into something that so many people want to be a part of. I never planned on sharing my story publicly, writing about it or becoming someone that people look to for inspiration. When my accident happened, there was never a moment where I thought it was going to turn into something good. It wasn’t inspiring or beautiful or motivating, it was just plain horrific and I didn’t want to go through it. Imagine if someone told me back then, when I was laying on the ground with my face in the dirt, that one day I would be talking about that very moment to thousands of people who believe in me and want to listen to all of the lessons I’ve learnt. I wouldn’t have believed them for a second. In that moment I honestly thought my life was over. Imagine if I knew that it was only just beginning. I don’t know how I went from there to here but I’m really thankful for all of your love over the past few years. Some days are harder than others, but on the hard ones I know I can always rely on some kind words, advice or laughter from you guys. I think that my journey would have been a whole lot different if I didn’t have you all to push and motivate me, so from the bottom of my heart, thank you. Ps. These sunnies are from @diffeyewear and are actually pretty special. For every pair of sunglasses sold, they donate a pair of reading glasses which is such an incredible idea! If you want to be a part of it, I have a discount code for you guys on my story ?? If you’re still reading this, thank you for helping me create a beautiful life for that 20 year old girl who fell from the sky x

A post shared by EMMA CAREY (@em_carey) on

“Ek het vir niemand gesê hoekom ek altyd naby ’n toilet moet wees nie. Ek het niemand my kateters of doekies laat sien nie.

“Ek het elke keer gaan wegkruip as ek ’n ongeluk gehad het. Dit was uitputtend om dit te probeer geheim hou. Toe laat ek eerder niemand na aan my kom nie.” 

Maar sy het haarself nou leer aanvaar en liefhê ten spyte van haar toestand en sy gee glad nie om wat mense van haar dink nie. 

“Dit beteken nie jy moet oor iets verleë voel net omdat mense dink jy moet nie. Dit beteken nie jy hoef om te gee net omdat mense jou dalk oor iets beoordeel nie. Hoe jy oor ’n sekere situasie voel, hang heeltemal van jou af. 

“As jy jou lewe en al jou ‘foute’ besit, sal dit jou nooit kan besit nie. Dit is die vryste ding ter wêreld.”

Bronne: Dailymail.co.uk, Metro.co.uk, Abc.net.au