Die 30-jarige ma Jacintah Akinyi se eerste twee baba’s is by haar huis in Kachieng Kamagak in Kenia gebore. Maar albei, die seun en dogtertjie, is ’n paar minute later na geboorte oorlede.  

Sy het later gekla van verdere pyne is na ’n nabygeleë hospitaal, Mutata-verpleeginrigting in Oyugis, ’n klein stad in Kenia, gehaas. 

Hiér het sy geboorte gegee aan nog drie kinders, wat almal gesond is. Hulle is egter erg ondergewig. Die drie kinders weeg almal tussen 1.5 kg en 1.6 kg in vergelyking tot die algemene geboortegewig vir ’n pasgeborene van 3.5kg.

Kennedy Otieno van die verpleeginrigting sê die drie baba’s is gesond en stabiel. “Hulle biologiese funksies is okei.”

Die ma en haar drie kinders is egter na die Kisii-hospitaal in Kenya gevat vir verdere observasie en die kinders is in broeikasse geplaas.

Hulle is op 33 weke gebore in plaas van die normale 40 weke. 

Jacintah is reeds die ma van vier kinders en die vyfling was haar sesde swangerskap. Sy het drie seuns en ’n meisie almal tussen 8 en 12 jaar oud. Die baba in haar vyfde swangerskap is oorlede. 

Sy het Sondag aan die Keniaanse regering om finansiële hulp gevra om na haar spruite om te sien “sodat hulle kan oorleef”. Jacintah se man en pa van haar vyfling, Josephat Okumu, is 'n rietsnyer.

Volgens kenners is die kanse op ’n vyfling-swangerskap een uit elke 60 miljoen kere.

Bronne: Capitalfm, DailyNation