Volgens ’n verklaring deur ER24 is paramedici Maandagaand ontbied na ’n inkopiesentrum in North Riding, in die noorde van Johannesburg. 

Met hul aankoms het ’n vrou in die veiligheidskantore by die inkopiesentrum gelê. Sy was omring deur veiligheidswagte wat aangebied het om haar te help.

Paramedici het gou ingegryp en haar gehelp om die lewe aan ’n babaseuntjie te skenk.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, was daar komplikasies. 

“Daar was ’n paar geringe komplikasies, wat in hierdie situasie verwag kan word, maar die kind is op die toneel behandel en later na die Rahima Moosa-hospitaal vir verdere sorg geneem.”

Russel sê ma en seun is albei in ’n goeie toestand.