’n Colombiaanse vrou wat haar buurvrou afgeluister het om te hoor of hulle tuis was se kop het vir vyf uur in hul syhek vasgesit. 

Die onbekende vrou, van La Virginia, ’n munisipaleit in die weste van Colombia, het haar kop deur die hek gedruk om haar buurvrou af te luister.

Maar haar kop het vasgesit en sy moes vyf pynlike ure wag voor die nooddienste opgedaag en haar bevry het. 

Op die foto’s wat op die sosiale media gedeel is, staan die vrou met haar kop tussen die stawe van die ingangshek terwyl die buurvrou en ander helpers toekyk. 

buurvrou
Die vrou het haar kop deur die hek gedruk om haar buurvrou af te luister. Foto: Magazine Features

’n Polisiebeampte en brandbestryder help haar skynbaar terwyl omstanders oor haar verknorsing glimlag. Sosialemedia-gebruikers het gou die vrou oor haar nuuskierigheid voor stok gekry.

“Haar ore het in die hek vasgesteek. Goed so! Nuuskierige ou vrou,” skryf een. 

’n Ander een voeg by: “Dis is wat jy kry vir ’n skinderbek wees. Dit sou wonderlik gewees het as dit met almal gebeur wat moeite doen om te weet wat in ander mense se lewe aangaan.”