Die beeldskone Veronika Mesjerjakowa (29) ly aan ’n vorm van porfirie. ’n Operasie om die simptome te verlig ’n paar jaar gelede het haar nie gehelp nie en sy het nou korttermyngeheueverlies en is verlam in haar ledemate.

Veronika Mesjerjakowa en haar man op hul troudag. Foto: Magazine Features

Veronika onthou nie dat haar man in November 2017 haar om ’n egskeiding gedagvaar het nie. Sy dink elke dag haar man is by die werk.

As hy nie die aand huis toe kom nie, moet haar ma haar weereens van die egskeiding vertel, wat haar verpletter laat. 

Veronika huil glo telkens oor haar verlore liefde. Foto: Magazine Features

Sy huil glo telkens oor haar verlore liefde. Haar man, wie se naam nie genoem word nie, se redes vir die egskeiding is nie bekendgemaak nie.

Die plaaslike media het berig haar ma help haar om weer te leer loop en hoop dat Veronika een dag weer met haar eks sal versoen.

“Ek kry haar so jammer dat ek wil huil,” sê een internetgebruiker.

Sy ly aan ’n vorm van porfirie. Foto: Magazine Features

Nog een voeg by: “Dalk moet hulle vir haar sê sy is die een wat hom gelos het.”

Porfirie is ’n groep afwykings waar die liggaam nie organiese verbindings, bekend as porfiriene, kan reinig nie, wat dan met die normale werking van die senuweestelsel en vel inmeng.