Melissa Gibson het soos altyd ’n kiekie van haar en haar kêrel op Instagram gelaai toe internetboelies haar oorval.

Die foto, waarop Melissa en haar kêrel, Johnathan, liefdevol koer, is op oujaarsaand gedeel.

Happy New Year from us with all our love ?????? #nye #2018

A post shared by Melissa Gibson (@yourstruelymelly) on

Hoewel die twee duifies verlief en gelukkig lyk, meen internetboelies anders.

Een het sonder skaamte laat hoor: “Om vet te wees is nie gesond nie. Doen navorsing as jy my nie glo nie . . .”

’n Ander het Melissa aangeraai om by ’n gim aan te sluit.

“Gaan na die gim en eet beter, jou vet persoon, jy is besig om dood te gaan. Ek sal liewer rook as om jou grootte te wees.”

Melissa het egter nie in sak in as gaan sit oor die beledigende kommentaar nie. Sy het die boelies in hul spore gestuit en die perfekte reaksie op hul kommentare gehad.

“Wanneer jy ’n foto neem in ’n blink rokkie aan die man vir wie jy lief het, se sy, en mense lewer kommentaar oor jou liggaam of bevraagteken jou verhouding en veroordeel hom oor hy jou liefhet.”

“As die wêreld ons nie aanvaar nie, sal ons aanhou baklei vir ons liefde, ons ruimte, ons reg om gesien te word, om aanvaar te word sonder vrae en om gevier te word.”

When taking a picture in a sparkly dress next to the man you love makes people comment about your body, question your relationship, make judgements about him for loving you. Our relationship is political. Even though we both know how natural and right it feels. And if the world won’t just let us be, we will keep fighting for our love, for our space, for our right to be seen, accepted without question, and celebrated. In all honesty it’s silly to think it bothers people so much, but when privileged people base their value on attraction and relationships, it results in the plethora of relationships that look like mine being erased and delegitimized. Like somehow I don’t deserve him or our love isn’t real. We are exactly what each other wants, and guess what, our bodies are a part of that. It’s not a abnormal or a fetish. It’s simply natural. So while you insist on yelling your insecurities and bigotry at me, realize I’m not playing the game you play any longer. I’m not playing by your rules. And it’s honestly sad you still are. 2018 is the year for Love that is not defined by weight, age, ability, genitals, gender, sexuality. Not defined by race or ethnicity or religion. We’re having more fun this way anyway ;). #love #bf #relationshipgoals #fatbabe #visiblewomen #louisville #newyearseve #2018 #nye #debshops .......... ALSO THIS DRESS IS FROM @debshops FOR ALL THOSE THAT ASKED. Remember I always tag where I got my clothing in the picture.

A post shared by Melissa Gibson (@yourstruelymelly) on

Sy het voorts gesê dat sy nie langer boelies se speletjie sal speel nie.

“Terwyl julle aandring om julle onsekerhede en bekrompenheid aan my te skree, moet julle besef dat ek nie langer jul speletjie saam sal speel nie. Ek steur my nie meer aan jul reëls nie.”

Netso, Melissa – basta met internetboelies!

Bronne: The Sun, Instagram, The Independent