Helen het haar kunsbeen in Oktober 2020 ontvang
Helen het haar kunsbeen in Oktober 2020 ontvang. Foto: Caters News Agency/Magazinefeatures.co.za

Die dag toe die voormalige sakevrou van Trowbridge, Wiltshire in Engeland, haar knie in die parkeerterrein van 'n plaaslike supermark breek, het sy gehoop sy gaan net geduldig van die ongeluk moet herstel.

Maar vir Helen Way (49), 'n ma, was dit net die begin van 'n lang en pynlike pad.

Sy vertel nadat sy 18 maande gelede haar knie gebreek het toe sy verkeerd oor ’n sypaadjie getrap het, is sy geopereer om die breuk met staalplate te heg.

Helen se herstel het 'n wending geneem toe sy infeksie ontwikkel het wat tot lewensgevaarlike sepsis gelei het. 

Sy verduidelik haar onderbeen het daarna as't ware “ontplof”. Dokters het vergeefs probeer om Helen se been te probeer red, maar 12 operasies later moes hulle haar been amputeer.

Helen het 18 maande gelede haar knie gebreek toe s
Helen het 18 maande gelede haar knie gebreek toe sy in ’n supermark se parkeerarea te ver oor ’n sypaadjie getrap het. Foto: Caters News Agency/Magazinefeatures.co.za

“Die dokter het nog gesê ek het my wonderlik van my taak gekwyt, want ek het plate en skroewe nodig gehad," onthou Helen oor die tyd toe sy in November 2019 haar knie byna middeldeur gebreek het.

“Ek was 10 dae in die hospitaal, maar toe ek ontslaan word, het ek gesien die letsel skei vog af.”

Pynstillers is vir Helen voorgeskryf, want sy het brandsensasies in haar been begin voel. Dit was geswel en het ál erger geword. Met ’n doktersondersoek op 13 Desember verlede jaar het sy die mediese personeel van haar naarheid en koors ingelig. 

“Ek was bekommerd en besorg oor my gesondheid, want ek het opgebring en ’n week lank nie geëet nie,” sê sy. “Ek kon nie aan my been raak nie en het koors gehad."

Sy vertel 'n bloedtoets het getoon sy het ’n ernstige infeksie. "Ek is met blou ligte na die hospitaal gehaas."

Dit was terwyl sy hier op behandeling gewag het dat die "ontploffing" gebeur het.

“Terwyl ek daar gesit het, het ek gevoel asof iets skiet gee. My onderbeen het ontplof. Dit was walglik," vertel sy oor die prentjie wat sy gesien het.

Die besmette wond het oopgeskeur.

“Daar het heelnag bloed en etter uitgeloop terwyl ek vir my operasie die oggend gewag het. Dit was absoluut aaklig.”

Dokters het Helen se been probeer red deur 12 oper
Dokters het Helen se been probeer red deur 12 operasies uit te voer, maar dit was te beskadig. Foto: Caters News Agency/Magazinefeatures.co.za

Ten spyte van vele operasies om die wond skoon te maak, het dit net aanhou bloei. 

In daardie tyd het Helen begin yl en is sepsis by haar gediagnoseer. Haar toestand was kritiek en sy is na die waaksaal oorgeplaas want haar organe het begin ingee. 

In die waaksaal moes Helen vyf bloedoortappings kry. Sy is in Januarie na ’n gewone saal verskuif. 

“Ek was 18 dae in die waaksaal. Dit was daar dat hulle agtergekom het ek het ’n seldsame medisyne-interaksie genaamd piroglutamien-asidose, wat ook tot my kritieke toestand bygedra het." 

Dit was eers toe sy reg gediagnoseer is dat die dokters haar werklik kon behandel. Die operasies daarna was almal meer suksesvol.

Maar die skade aan haar been was reeds gedoen.

"My been moes weggesny word as gevolg van die infeksie en dit het beteken amputasie was eindelik my enigste opsie."

Sy was tevrede dat die dokters dit eerder verwyder as wat hulle moes aanhou sny. "Ek wou nie in Frankenstein se bruid verander nie.”

Sy is geopereer om die breuk met staalplate te heg
Sy is geopereer om die breuk met staalplate te heg, maar dit het ’n infeksie veroorsaak wat tot lewensgevaarlike sepsis gelei het. Foto: Caters News Agency/Magazinefeatures.co.za

Helen bly moedig en sien die silwer rand aan die hele ervaring.

“My familie het gedink hulle gaan my verloor, maar op die een of ander manier het ek oorleef.”