As kind was sy skaam, want sy het nie geweet hoe om haar veltoestand vir haar maats te verduidelik nie. Hulle het gedink dit is aansteeklik.  

Anita het by dokters van dermatoloë tot allergiespesialiste geboer om haar ekseem met versagtende, steroïed-, antifungale en immuunonderdrukkende rome, steroïedpille, antibiotika en antihistamiene in bedwang te hou.

Daarby het Anita natuurlike rate beproef – wat telkens net ’n rukkie gewerk het voor die ekseem met mening terug was.  

Toe sy met haar eerste kind, Kingsley (9), swanger raak, het Anita opgehou om haar vel met steroïed te behandel en dit het die vel aan haar gesig laat agteruitgaan.

 In Mei 2011, terwyl sy by ma-wees aangepas het, is Anita terug na haar dokter toe oor haar ekseem.

’n Steroïed-room is vir haar voorgeskryf en dit het haar gesigvel help opklaar.

In Julie 2013 was Anita geskok toe sy hoor sy het katarakte in albei oë weens die oormatige gebruik van steroïed.  

Sy is in Januarie 2014 vir die katarakte geopereer en met permanente skade in haar regteroog gelaat waar sy afakie, die afwesigheid van ’n lens weens chirurgie, het. 

Anita was ontsteld dat haar sig in gevaar was en het besluit om die medisyne vir haar ekseem te laat staan.

Binne dae het haar vel die pynlike proses van steroïedroom-ontrekking begin toon en gebars, geskilfer, rooi geword en gesweer.

Ekseem is die eerste keer by Anita Wong (36), ’n v
Ekseem is die eerste keer by Anita Wong (36), ’n voltydse ma van twee van Auckland, Nieu-Seeland, gediagnoseer toe sy vyf jaar oud was. Foto: Mediadrumworld/Anita Wong/Magazinefeatures.co.za

Dit het Anita snags wakker gehou en op die ergste dae was dit selfs pynlik om asem te haal.  

Teen Januarie 2018 het Anita se vel weer begin normaal lyk en nou is sy trots om die vel te hê waarvan sy van kleintyd af gedroom het – en dít danksy die jare lange detoks waardeur sy haarself gesit het.

 “As kind was ek en my ouers altyd aan die maniere vind om my toestand te ‘genees’. Dit was verpletterend as geneesmiddels telkens nie baie lank gewerk het nie en dan het ons weer na steroïed gegryp,” sê Anita. 

“Dit het my selfvertroue en sosiale lewe baie geraak. Die gejeuk was gek en ek het van jongs af aan slaaploosheid gely. Ek het nooit gemaklik in my vel gevoel nie en dit het oor die jare net erger geword. En dit het vir 25 jaar voortgeduur.”

 “Ek het opgehou steroïed gebruik terwyl ek swanger was en my ekseem het in daardie tyd kwaai opgevlam. Toe ek eindelik die lewe skenk, het ek regtig ’n blaaskans nodig gehad, veral terwyl ek ’n baba moes versorg.

Ek is terug dokter toe en is aangeraai om steroïed aan my gesig te gebruik, waar die ekseem die ergste opgevlam het. 

“Kort voor lank het dit bedaar en het ek vir ’n paar maande ’n mooi vel gehad. Agt maande later is ’n katarak in albei oë by my gediagnoseer. Ek was baie ontsteld, kwaad en geskok dat steroïedroom-ontrekking dit veroorsaak het, en dat ek ’n stadium bereik het waar ek oogoperasies nodig gehad het.

 “Ek het katarakte in albei oë weens die oormatige gebruik van steroïedroom aan my gesig ontwikkel en later ’n retinale loslating in my regteroog. Ná die katarakoperasies het ek ’n paar komplikasies met my regteroog gehad. Nou het ek net goeie sig in my linkeroog en afakie in my regteroog.  

Anita het operasies aan albei haar oë nodig gehad.
Anita het operasies aan albei haar oë nodig gehad. Foto: Mediadrumworld/Anita Wong/Magazinefeatures.co.za

“Nadat ek kinders gehad het, het ek besluit om steroïed en konvensionele medisyne te laat vaar en uit die bose siklus van steroïedroom-onttrekking te ontsnap. 

“Ek het ’n gevoel van verligting ervaar toe ek eindelik besef het dit was die steroïedroom-onttrekking wat my ekseem mettertyd laat versleg het.

“Die moeilikste deel was die bose siklus van depressie en slaaploosheid weens die fisieke pyn en gejeuk. Party dae was dit pynlik net om in die bed te lê en asemhaal.” 

Steroïedroom-onttrekking is wanneer die vel negatief reageer nadat aansmeer-steroïed ná langdurige gebruik gestaak word.

Anita deel haar reis op Instagram om ander mense te help. 

Steroïedroom-onttrekking is wanneer die vel negati
Steroïedroom-onttrekking is wanneer die vel negatief reageer nadat aansmeer-steroïed ná langdurige gebruik gestaak word. Foto: Mediadrumworld/Anita Wong/Magazinefeatures.co.za

 “Nou voel ek geseënd. Ek voel vry. Ek voel gemaklik in my vel en normaal. Ek het so baie oor my gesondheid, liggaam en gees geleer. Ek is nou ’n veel sterker en meer selfversekerde mens,” sê sy.

“Aan enigiemand wat iets soortgelyks beleef: Dit is jou wekroep dié, jy sal oor ’n paar jaar terugkyk en waardeer dat jou ou self hierdie detoksreis aangepak het. Moet nooit jou doelwit uit die oog verloor nie en vat dit stadig op dae wanneer dit moeilik is. 

“Vandag is ek ’n normale mens – iets wat ek wou ervaar het vandat ek ’n meisietjie was.  

“Min mense kan hullle voorstel dat ’n toestand soos ekseem – net ’n bietjie droë, skilferige, onsteekte, swerende of gebarste vel – so ’n aaklige uitwerking op ’n mens se daaglikse lewe kan hê. 

“Met terugskoue was dit ’n seëning en ek is baie dankbaar ek kan my storie deel om bewustheid oor die onderwerp te skep.”