Lashonda Pugh se 24-jarige seun, Daniel Jones van die Amerikaanse deelstaat Suid-Carolina, ly aan Aport-sindroom, ’n genetiese toestand wat toenemende nierverswakking veroorsaak.

Daniel het ’n nieroorplanting broodnodig gehad toe sy ma besluit om ‘n boodskap waarin sy hulp vra op die agterste windskerm van haar motor te laat aanbring, berig Mirror UK.

“My seun het ’n nier nodig om te leef. Help asseblief!,” het die boodskap gelui. Die wanhopige ma het ook haar foonnommer en Daniel se bloedgroep gelys.

Starr Gardy, wat self kinders het, het die boodskap agter op Lashonda se motor gesien en wou help, berig Sun UK.

“Ek het net verstar en ek het het baie geroer gevoel en gedink: ‘Sê-nou ek kan help?” sê sy.

“Ek het vir my kinders gevra: ‘Hoe sou julle voel as mamma aan iemand ’n nier skenk?’”

“Hulle was albei piekfyn daarmee en my man het gesê: ‘Wat jy ook al wil doen is reg met my.’”

Starr en Lashonda het mekaar net voor die operasie op 1 Mei die eerste keer in die hospitaal ontmoet.

Die dankbare ma sê dit het vir haar gevoel of Starr reeds deel van die familie was.

“Ons het mekaar omhels en gehuil en ek het haar bedank dat sy my seun ’n tweede kans op die lewe gee,” sê Lashonda.

Daniel was net so verbaas oor die ongelooflik onbaatsugtige gebaar en noem dit ’n “droom wat bewaarheid is”.

“Ek kan haar nie daarvoor terugbetaal nie; al wat ek kon doen, was om haar te bedank. Dis baie om te weet ek het haar orgaan in my liggaam,” het Daniel aan WJLA gesê.

“Ons is nou familie. Sy is nie meer ’n vreemdeling nie. Sy’s my tante.”

Bronne: Mirror UK, Sun UK, WJLA