DJ Jarman (30), ’n media- en kommunikasiebeampte van Hamilton, Nieu-Seeland, het grootgeword in ’n gesin wat van eet hou. 

Sy vertel hulle het nie genoeg geld gehad om aan gehaltekos te bestee nie, en sy het met ongesonde peuselhappies grootgeword.

En wanneer sy die kans gekry het, het sy reuseporsies aartappelskyfies, gaskoeldrank, suigstokkies en sjokolade verslind. 

In haar middel 20’s het DJ 'n volle 120 kg geweeg en sy het gesukkel om in haar grootte 20-klere te pas. Sy het haar liggaam en hoe sy lyk, gehaat en was gefrustreerd daarmee dat winkels dikwels nie klere vir haar gehad het nie.

DJ Jarman
DJ het voorheen 120 kg geweeg. Foto: Mediadrumworld.com / @putting_dj/Magazinefeatures.co.za

Die laagtepunt wat haar laat besluit het om ’n gewigsverliesoperasie te ondergaan was in ’n bruidsboetiek. Toe sy in 2012 ’n trourok in Sydney, Australië, gaan soek, het die personeel haar dadelik ingelig hulle het beslis niks in haar grootte nie, en sy sal elders moet soek of ’n rok spesiaal laat maak. 

Ná langer as ’n dekade van elke verslankingsplan onder die son – onder meer onderbroke vas, keto- en plantgebaseerde diëte – sonder sukses beproef het, het DJ genoeg gehad. 

Sy was so skaam oor haar gewig sy wou nie haar man, Josh (30), se werkpêlle ontmoet nie en sy wou nie eens meer saam met haar beste vriende kuier nie.

In 2018 het sy eindelik op ’n maagverkleining besluit en in April 2019 onder die mes gegaan. Deesdae weeg sy 64 kg en pas in ’n slanke grootte 8.

Sy oefen ses dae per week en het meer energie om saam met haar twee kinders, Ella (7) en Christian (3), te speel.

“Ek het grootgeword in ’n gesin wat van kos hou,” onthou DJ nou. “My ouers het nie baie geld gehad nie en goedkoop kos was gewoonlik ongesonde kos. Toe ek eers uit die huis is en my eie geld begin verdien, het ek ’n ongesonde verhouding met kos, kitskos, geriefskos, ontwikkel.

“Ek het baie wegneemkos, aartappelskyfies, suigstokkies en peuselkos geëet – alles in reuse-porsies. My gewig het ongesond begin toeneem en op my swaarste het ek 120 kg geweeg.

“My liggaam moes elke dag baie hard werk net om uit die bed te klim of met my kinders te speel. Om letterlik enigiets te doen was ’n groot stryd.

"Ek het baie van die wêreld weggekruip en sover moontlik besige plekke vermy. Ek het amper ’n dekade lank onsigbaar geword."

DJ Jarman
Die gelukkige paartjie op hul troudag. Foto: Mediadrumworld.com / @putting_dj/Magazinefeatures.co.za

View this post on Instagram

I was speaking to a beautiful lady last weekend. She was asking me questions about VSG. She asked to see photos of what I use to look like. And then, bless her soul, proceeded to say, “you didn’t need this op, you weren’t very big to begin with”! Like, in the kindest, most loving way possible - trust me I wasn’t offended. But I have had this conversation maybe 50 times since sharing my journey. So I thought maybe I should shed a little light on it! • I get that everyone’s start weight is different. I get that I wasn’t someone who could feature on “My 600lbs life”. I get that!! But my story was lengthy and full off pain and sadness. • My life was literally heading down that track that would feel like Mt. Everest to come back from. I was gaining weight every week. I wasn’t just sitting still at 121kg. My back and ankles constantly hurt. My quality of life was LOW and I was sad, like so sad. • Some people, thats me, decide to make the necessary changes before getting to that point of “woahhhhh, she huge”! I didn’t want to struggle anymore, hurt anymore, cry anymore! My weight was a party of me reason why, but underneath the extra back rolls and tummy fluff was 1000 more serious reasons why ?? • If you got this far in the novel, well done, and let me tell you beautiful people, your reason why is ENOUGH!! You don’t have to fit into any category to make necessary changes for yourself. Whether you’re doing this with a normal size stomach, or with a little pouch, go hard and do you! I’m inspired everyday watching you all hustle. Like so inspired. Let’s continue to encourage and push each other, after all, we’re all just working to create better lives for ourselves. Put yourself first and don’t feel guilty about it ?????? • Have a blessed Thursday fam - DJ xx • #weightlossjourney #weightlosstransformation #beforeandafter #throwbackthursday #vsg #vsgcommunity #vsgjourney #vsgtransformation #back #changes #healthylifestyle #healthy #healthyliving #happy #lovinglife #weightlossnz #vsgnz #transformation #transformationthursday #encouragingothers #hype #loveyourself

A post shared by DJ Jarman (@putting_dj_first) on

“Ek het in April 2019 onder die mes gegaan en my lewe was nooit weer dieselfde nie. Ek oefen elke dag buiten Sondag, en ek hou van ’n lekker kardiosessie, maar geniet ook kragdae.

"Ek hoor elke dag hoe fantasties ek lyk; dit laat my steeds bloos. Ek is nie baie goed met komplimente aanvaar nie.”

Voor haar gewigsverlies het DJ gewoonlik ontbyt oorgeslaan en dan ’n tamaai middagete van pastei en skyfies, hoenderrolletjies en peuselhappies soos skyfies en sjokolade geëet.

Vir aandete het sy gewoonlik aan wegneemkos gesmul – ’n ekstragroot McDonald’s-maaltyd was haar gunsteling. Sy het glad nie oefening gedoen nie.

Sedert haar gewigsverlies eet DJ gewoonlik hawermoutpap met bloubessies en suikervrye esdoringstroop vir ontbyt, ’n volgraantortilla met eier, salami en slaai vir middagete en hoender of steak met slaai vir aandete. Sy doen nou ses dae per week hoë-intensiteit kardio- en gewigsoefening.

Terwyl kommentaar oor haar voorkoms vir DJ vleiend is, is dit vir haar die lekkerste as mense vir haar sê haar gedaantewisseling het hulle aangespoor om hul lewe ten goede te verander.

“Die meeste mense is verstom oor my gewigsverlies, veral dié wat my voor die operasie laas gesien het,” sê DJ. “Vir my is die beste kompliment wanneer mense my harde werk pleks van my voorkoms prys. Ek hou daarvan as mense vir my sê ek het hulle geïnspireer of my oefensessies het hulle help harder werk in die gim.

“Die kommentaar beteken vir my baie. Die beste komplimente kom van my mede-Instagrammers wat ook ma’s is. Ons vind op ’n ander vlak by mekaar aanklank en dit raak my anders wanneer hulle vir my sê ek kwyt my goed van my taak.

“Aan mense wat met hul eie verslankingsreis begin, is my raad: Begin klein. Sny wegneemkos en gaskoeldrank eerste uit. Drink meer water en eet minstens een vrug per dag.

“Moet ook nie bang wees vir wat mense sal sê of dink as jy chirurgiese hulp kry nie. Oorweeg dit as jy alles probeer het en niks gewerk het nie.

“Jy het net een lewe. Moet dit nie opmors deur ongelukkig en ongesond te wees nie. Doen wat ook al nodig is om dit die beste lewe moontlik te maak.”