’n 60-jarige vrou van Engeland, Elena Struthers-Gardner, het volgens ABC-News inmekaargesak met ’n beker wat ’n metaalstrooitjie in gehad het, in haar hand.

Die beker het ’n skroefdeksel wat die strooitjie in plek hou.

Die metaaldrinkstrooitjie het haar oog tot in haar brein deurboor en sy is so dood, aldus People magazine.

Die strooitjie is net meer as 25 cm lank. 

Foto: Facebook
Elena Struthers-Gardner is in 'n fratsongeluk oorlede toe 'n metaalstrooitjie deur haar oog gesteek het. Foto: Facebook

Elana is verlede jaar November oorlede. The Daily Echo sê haar vrou, Mandy Struthers-Gardner, het haar in die kombuis gevind – op haar maag met die strooitjie deur haar oog. Sy het nog geleef. 

Mandy het ’n ambulans gebel, maar Elena is die volgende dag in die hospitaal oorlede. 

Die lykskouer het mense gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle metaalstrooitjies gebruik. 

“Die strooitjies is baie hard en as iemand op een val, kan ernstige besering volg. Dit blyk die strooitjies moenie gebruik word met enige tipe deksel wat dit in plek hou nie . . . as dit nie ’n deksel gehad het wat hom in plek hou nie, sou die strooitjie beweeg het (en nie deur haar oog gesteek het nie),” sê die lykskouer in sy verslag.